Welkom by die Suidkus van Kwazulu
Natal
'n Sub-tropiese paradys van
goue strande, kuswoude en eindelose sonnige dae.
Die Suidkus van Kwazulu
Natal is een van die gewildste vakansie bestemmings in Suid Afrika.
Die gebied strek vanaf die Umkomaas rivier by Scottburgh suidwaarts tot by
Port Edward.

Die gebied is
vol vakansie dorpies wat 'n verskeidenheid van akkommodasie en avonture
bied.
Branderplankry, swem,
visvang, snorkel en die jaarlikse "SardineRun" waar duisende seevoëls,
roofvisse,
dolfyne, haaie en walvisse gesien kan word, is 'n groot aantrekkingskrag.

Wat u ookal wil doen as u met vakansie is,
vanaf golf speel,
natuur reservate besoek, voël verkenning,
kuns en
kultuur geniet
of slegs net 'n dag van sonskyn geniet,
ja dislekker by die Suidkus.