Kus Roetes: Suid van Margate - Inspirasie uit die Natuur Met die klein en prentjie mooie Ramsgate in jou truspieëletjie, kronkel die pad Suid deur digte inheemse bosse langs die oewers van die Mbizana Strandmeer. Hier kan 'n mens, sodra jy die brug oor die Mbizana rivier oorsteek, agterkom dat die omgewing anders lyk en die lug skoner ruik. 'n Rustige atmosfeer met inheemse plantegroei wat weliger en groener is, witter sande en 'n see wat net daardie tikkie blouer voorkom. Vrugtestalletjies langs die pad het volop subtropiese vrugte om van te kies, piesangs, pynappels, papaja, avokadopere en neute. Binne die Somer seisoen is daar perskes, mangos, lietjies en kersies beskikbaar. Southbroom is 'n eksklusiewe, skaduryke dorpie met luukse verblyf, 'n superklas 18-putjie gholfbaan, sportfasiliteite en 'n uitstekende swemstrand, ook geskik vir blanderplankry. Marina Strand is nog 'n juweel in die kroon van die Suidkus, met 'n lang skoon wit strand asook 'n getypoel. 'n Endjie verder Suid vind mens die unike San Lameer landgoed met luukse villas, 'n hoogaangeskrewe 18-putjie kapioenskap gholfbaan, 'n hotel en restaurant en veelvuldige ontspannings en sport fasiliteite. Reuse palmbome en 'n moeraswoud begroet die besoeker wat met die lang rylaan tot aan die buitewyke van die landgoed ry. Trafalgar is die volgende dorpie langs die pad Suid en het karavaan staanplek, vakansie kothuise en 'n lieflike strand wat as 'n Marine Reservaat geproklameer is. Die reservaat sluit twee kilometer kuslyn in en strek 500 meter in die see in. Dit bevat kosbare marine fossielbeddings wat na raming ongeveer 90 miljoen jaar oud is. Op kalm helder dae bied die rotsformasies en natuurlike seepoele met hulle skatte van skaaldiere, vissoorte, seeplante en versteende hout, 'n ongelooflike duik of snorkel ervaring. 'n Paar minute hiervandaan steek 'n mens die Mpenjati rivier oor, wat weereens die grens van 'n beskermde natuur reservaat ongeveer 66 ha groot is. Die reservaat het natuurlike onaangeraakte duinewoude en 'n verlate, ongetemde strand. Hou u oë oop vir die visarende wat hulle habitat op in die Mpenjati vallei het en hulle aand-of middag ete in die strandmere jag. As 'n mens geduldig is kan jy ook die bosbokkies en blou en grys duikertjies wat in die digbe groen bosse skuil, gewaar. Die kus hierlangs het 'n unike landelike atmosfeer en die kusdorpies koester in die pragtige baaie onder skaduryke bome. Daar is nie hoë verdiepingsgeboue, verkeersligte en geraas nie. Net die see, sand, son en natuurlike wonders om te geniet. Palm Beach, Munster, Glenmore en Leisure Bay verder af is almal tipiese dorpies van hierdie area wat stilte vir die gemoed, ontspannings (en vis vir die ywerige hengelaars) bied. Glenmore, Kids Beach, T.O. Strand en Port Edward het almal beskermde swemstrande. Visvang langs hierdie gedeelte van die kus is uitstekend en gunstelling "visvang gaaitjies" sluit High Rock in Palm Beach, Pulpit en Ladder Rock in Glenmore, en Splash Rock by Port Edward in. Skibote lanseer vanaf Glenmore Strand en Port Edward, met die gepaardgaande diepsee hengel, plesier ritte en walvis en dolfyn besigtiging. Daar word goed voorsorg getref vir alle sportsoorte met muurbal, rolbal en tennis fasiliteite beskikbaar by Munster en Port Edward. Gholf liefhebbers kan kies tussen die 9-putjie baan by Pord Edward of die beroemde Wildekus 18-putjie gholfbaan by die Wild Coast Sun Hotel en Plesier oord oorkant die Umtamvuna rivier. Port Edward is die laaste dorpie van die Suidelike KwaZulu Natal, geleë op die Umtamvuna rivier, op die grens van die "Wilde Kus" wat in die Oos-Kaap provinsie val. Die Umtamvuna is 'n manjifieke rivier wat tussen steil valleie deur konkel, omring van digte natuurlike inheemse plantegroei. Dit is een van die min kus riviere waar jetski en waterski toegelaat word. Toegang tot die rivier is vanaf die "jetty" by die karavaan park aan die punt van Old Pont straat. Dit dui ook die ingang aan van die Umtamvuna Natuur Reservaat wat ongeveer 20km binnelands strek en ongeveer 3247 hektaar in beslaan neem, langs die rivier oewers. Die landskap bevat goed ontwikkelde staproetes wat wissel in lengte tussen 500m en 12km vanaf die hoogste klowe, deur die kuswoude en langs die riviervalle. 'n Unieke Planetarium en Ruimte Museum op die Izingolweni pad, net binnelands vanaf Port Edward en Ou Pond Weg, is 'n besoek werd, sowel as 'n koffie plaas wat oop is vir die publiek. Net oorkant die Umtamvuna Rivier Brug is die Wild Coast Sun Kasino wat spog met die beste gholfbaan langs die kus.
|
|||||||||||
|
|
|
|
|
|