Terug na Bed en Ontbyt


Tel +27 (0) 39 317 4446 -:- Fax +27 39 317 3533 -:-  Cell +27 83 655 9090 
Email: info@thealbatros.co.za -:- Web: http://www.thealbatros.co.za/ 

Margate is een van die top vakansie bestemmings 
aan die Suidkus van KwaZulu Natal, in Suid Afrika

The Albatros Guesthouse & Golf Toere 
Binne loopafstand van die hoofstrand  en die gevestigde dorpie Margate, is hierdie juweel van 'n Gastehuis.
Ontspan heerlik op jou eie private balkon  met 'n 180 uitsig oor die see en moontlik gedurende die Junie/Julie seisoen gewaar jy 'n walvis of dolfyne .

Elke luukse eenheid is ten volle toegerus met lugreeling, 'n  vol en-suite badkamer of 'n private badkamer(stort&bad)TV,en tee & koffie fasiliteite. 
Ontbyt kan geniet word by die swembad op die ruim stoep in die oggende … te lekker om 'n dag so te begin. 

Kinders oor 12 jaar is welkom. Ander fasiliteite sluit in 'n sauna, Jacuzzi, private swembad, kroeg, poel tafel, onderdak braai gebied & 'n klein konferensie kamer.

 Daar is meer as genoeg om te doen gedurende jou verblyf by ons. Ons bied lieflike beskermde strande vir swem,snorkel,branderplankry, diepsee visvang of diepsee duik saam met opgeleide spanne van die Protea Banks  Daar is ook opgeleide spanne wat jou per boot die diepsee kan invat om dolfyne of walvisse te gaan besigtig.

Uit die100 beste golfbane van Suid Afrika bied ons 6 van die beste golfbane aan..  

Oribi Gorge bied vir die natuurliefhebber of adrenalien entoesias avonture aan soos natuurwandelings na die verskeie besienswaardighede soos die hangbrug oor die gorge, of die natuurlike grotte.' Lake Eland' wildreservaat en die 'Leopard Rock' restaurant sal die hele gesin geniet. Daar is ook die hoogste natuurlike afspringplek in die wereld..

Binne loopafstand van ons af is verskeie goeie restaurante .

 Net 'n kort rit vanaf Margate op pad na die Wilde Kus is die 'Krokodil Plaas', geskenkwinkelstalletjies, koffie-stalletjie en lekker swemstrande soos by 'Marine Beach' Glenmore en Pord Edward se strande..

Maak 'n Besprekings Navraag

SCWEB
© 2010