Selfsorg Akkommodasie in Ramsgate - Baleen Kothuis

Contact: Vanessa
Tel: (+27)039 – 314 9572
Cell: (+27)083 – 262 6616
Faks: (+27)086 – 600 1496
E-pos: reservations@baleen.co.za

1447 Louisa drive
Ramsgate
Kwazulu-Natal
Suid Afrika
Web: www.baleen.co.za

Hierdie pragtige Selfsorg buitehuisie in Ramsgate het drie slaapkamers elk met 'n dubbelbed en is kleurvol en modern gemeubileer. Langs die huis is 'n gaste woonstel ook pragtig gemeubileer met 'n dubbelbed en met 'n on suite badkamer. Die oop plan eetkamer/sitkamer loop uit op 'n onderdak dek wat uitkyk oor Southbroom se pragtige strand en die baai.

Die leef area en die gaste woonstel is ten volle toegrus met 'n TV en 'n DSTV dekodeerder. Die moderne ruim toegeruste kombuis met sy mikrogolf,ooghoogte oond,yskas/vries eenheid maak dit 'n genot om tot 10 mense gemaklik te bedien. Daar is veilige sluitbare onderdak parkering vir tot vier motors op die perseel. Daar is 'n kluis in die huis en 'n alarm sisteem. “Geen troeteldiere toegelaat!”

  'n Ruim hoofslaapkamer met 'n on suite badkamer en tesame met slaapkamer No 2 het dit pragtige seeuitsig. Slaapkamer No 2 het ook 'n dubbeldekker bed en deel 'n vol badkamer met 'n bad en 'n stort met slaapkamer No 3. Slaapkamer No 3 het 'n lieflike uitsig oor 'n gevestigde en wel versorgde tuin.

Ligging: Gelee op die koppie van Louisa rylaan 1447, Ramsgate Suid
en minder as 200 meter vanaf Southbroom se strand.
Ramsgate Boulevard Sentrum is sowat 3km vanaf Baleen Cottage op die ou hoofpad R61.

Maak 'n besprekings navraag

 

SCWEB
© 2012