|
Bed &
Ontbyt
Akkommodasie in Margate - Beachcomber Bay

Absoluut idiaal gelee op 'n koppie
met 180° ononderbroke brander en seeuitsig
en eie private toegang tot die goue strand.
Foon: 039 317 4473 ●
Faks: 039 317 4498
Cell: 083 372 3793 ●
E-pos:
info@Beachcomberbay.co.za
www.Beachcomberbay.co.za
Hierdie elegante
Gastehuis kombineer absolute gemak in 'n eg tradisionele tema en styl.
Geniet heerlike ontbyt bedien deur persoonlike diens en warm hospitaliteit.
Seeuitsig vanaf die huis en die ruim stoep is iets om te waardeer.
Drie Blou
Vlag Strande
(Margate, Ramsgate en Marina Strand) is binne kort bereikare afstande.
Slegs 45min se aangename rit bring jou by party van die 8 agtien-punt golf
bane asook die bekende Selbourne Park, San Lameer en die Wilde Kus.
Menige genotvolle besienswaardighede, wonderskone ritte en 'n verskeidenheid
van goeie kwaliteit restaurante is binne bereik vanaf die gastehuis.
Akkommodasie:
Al ons slaapkamers het seeuitsig behalwe
die familie eenheid No 8. Al die kamers het hul eie private ingange behalwe
die dakwoonstel No 6.
Die kamers is ten volle toegerus met TV's dakwaaiers, 'n kluis en die maak van
koffie/tee fasiliteite.
Die gastehuis se tarief (behalwe kamer No 8) sluit 'n vol ontbyt in wat jou
die keuse van 'n Tradisionele, Gesondheids, of Kontinentale en Engelse
ontbyt bied.
Gespanne, oorwerk, moeg vir al die stad se lawaai en gewoel of wil jy net
weer jou sisteem herstel,
Maak van Trevor en Sharon se gasvryheid gebruik
"SLUMBER
TO THE SOUNDS OF THE SEA"
Maak 'n besprekings navraag
|