|
Terug na
Selfsorg Akkommodasie
All the
Tides
|
Soek jy privaatheid - All
the Tides gelee in die Ou Ramsgate dorpie is 'n groep van 4 styl
"cabana" eenhede ten volle toegerus met DSTV (22 kanale), mikrogolwe,
toegeruste private balkonne met braaiers en sambrele. Hierdie luukse,
private eenhede word daagliks gediens (behalwe op Sondae). 'n
Wasgoed-diens kan ook gereel word.
Idiaal vir pas getroudes, pare
en 'n familie van 4 ( 2 Gr 2 Kinders).
Geniet 'n lekker
wandeling, (net 45 sekondes) tot op die strand. Verder is
daar die lagune, 'n ski boot klub, 'n vis winkeltjie en verskeie
goeie restaurante om te besoek. |
Southern
Comfort
|

Southern Comfort - waar die branders breek reg voor jou - hierdie
groep van 5 cabana styl eenhede op die noordelike punt van Southbroom
strand. Southern Comfort bied unieke aan die strand teen die see
akkommodasie, met lieflike see-uitsig.
Luuks
en ten volle toegerus, privaat, veilig, skoon en gediens. Idiaal vir
'n familie van 4, paartjies of pas getroudes. Daar is 'n
gemeenskaplike swembad, die stoepe is privaat met braaiers, DSTV (22
kanale) 'n DVD speler en mikrogolwe. Een eenheid het 'n private
swembad. Wasgoed-diens ook beskikbaar.
Voorwaar 'n lekker vakansie van visvang, strandwandelings met
sonsondergang en die gebruik van puik restaurante in die wel gegoede
dorpie. Die Wilde Kus en "casino" is net 15min. weg. |
Whaleback Cottage
|
TEEN AAN DIE SEE - TEEN AAN DIE STRAND - is hierdie unieke
historiese klip kothuis gelee in die ou Ramsgate dorpie. Sprankelinde
swembad met lieflike uitsig oor die see, die strand en inheemse bosse.
Hierdie ten volle toegeruste kothuis bied veilige en gedienste
akkommodasie vir 13 persone. 3 Kamers met koningsgroote beddens, 2 met
dubbelbeddens en 1 kamer met 3 enkelbeddens. Daar is 2 volle badkamers,
1 met 'n bad en 'n handstort en 3 gesamentlike toilette. Die kombuis
het 2 groot fries/yskaste, 'n skottelgoedwasser, en alles wat u
moontlik kan benodig in die kombuis. Dakwaaiers in die 3 hoof-
slaapkamers. Daar is ook 2 toesluit motorhuise en binne in die huis 2
kluise.
Geniet
heerlike ontspanne oggend en aandwandelings langs die strand. Daar is
ook 2 veilige strande met lagunes, 'n ski boot klub, winkels en
uitstekende restaurante om van te kies. Net 20m van die strand. |
Rosscarbery
|

Rosscarbery is op die strand in
Ramsgate met fantastiese branderuitsig oor die see, strand en
'n inheemse bos. Hierdie blok van 7 eenhede bied ten volle toegeruste
en gedienste akkommodasie. Geniet ons veilige omgewing, panoramiese
wandelings, 2 veilige strande en lagunes,'n ski boot klub, 'n
strandswembad, en puik restaurante. Alles net 2 min. se stap en
net 30m tot by die sand.
Luuks, privaat met 'n
gemeenskaplike swembad, private balkonne met braaiers, DSTV (22 kanale),
DVD's , mikrogolwe en alles skoon en gemaklik. 'n Wasgoed -diens kan
ook gereel word.
TE LEKKER vir families , paartjies
of pas getroudes. |
The Beach House
|
H
Jou vakansie by die see by The
Beach House sal onthou word . Jy sal weer wil kom.
Hierdie lekker groot en volle toegeruste vakansie-huis met 4
slaapkamers, 2 badkamers, DSTV (22 kanale), 'n DVD speler en 2
toesluit motorhuise is langs Ramsgate se hoofstrand en lagune net
oorkant die "Waffle House".
Sit net op die stoep en geniet
die tropiese tuin en die lieflike uitsig oor die lagune en die
hoofstrand of neem 'n kort wandeling van net 180m langs die lagune tot
op die strand. Daar is ook 2 ander veilige strande en lagunes, 'n ski
boot klub, 'n strandswembad 'n vis winkeltjie en keuses van goeie
restaurante. |
Green Gates
Cottage
|
Green Gates - in 'n tuin
waarin feetjies sal kan woon. Hierdie gerieflike private 6
slaapkamerhuis het lieflike uitsig oor die see en is net
100m vanaf die see en 100m vanaf die Pord Edward midde-dorp. Ten
volle toegerus met DSTV (22 kanale) en 'n DVD speler.
10 min se stap al langs die
strand tot by die hoofstrand en die lagune. |
Fisherman's
Cottage
|
Fisherman's Cottage in Pord
Edward bied uitsig oor die see vanaf sy eie stoep. Hierdie
oulike klein private tuinwoonstel is 100m vanaf die
strand en 100m vanaf die midde-dorp.
10 min se stap al langs die
strand tot tot by die hoofstrand en lagune. |
Vir volledige informasie en
fotos besoek
www.billsbest.co.za
Maak 'n Besprekings Navraag
|
|