Terug na Selfsorg Akkommodasie


 Sel: +27 (0)82 451-6102
Faks: +27 (0)39 314-4393 
E-pos: bbinfo@billsbest.co.za 

BillsBest Boat House - Bed & Ontbyt

Gemaklike en private B&B akkommodasie naby ons binnens-huise" Marine Adventure Centre". 
Elke kamer kyk uit oor die "Ski Boat Bay" en het 'n beperkte uitsig oor die see vanaf 'n stoep of 'n balkon. Die "Ski Boat Bay" is net 'n kort stappie van 200m tot by die strand. 

Ons bekostigbare, private B&B slaap-kamers het almal 'n "en-suite badkamer" met private balkonne en word daagliks gediens (ingesluit in die tariewe). 
Toegerus met DSTV (22 kanale) en 'n DVD, mikrogolwe, 'n klein yskassie, 'n tee en koffie stelletjie, dakwaaiers, ingeboude kaste, 'n alarmstelsel en 'n kluis.

Daar is veilige parkering agter 'n elektroniese hek vir almal behalwe vir die "Cabin". 
Koel lekker af in die gemeenskaplike swembad en as jy 'n middag of aandete wil voorberei, kan  jy gebruik maak van die gemeenskaplike kombuis -"The Galley".

Ontbyt word daagliks bedien tot 10vm op jou eie private balkon. Dit is idiaal vir sakemanne, paartjies of 'n familie van 2 grootmense en 2 kinders. Die "Upper Deck" het 'n koningsgrootte dubbelbed met 'n "on-suite" badkamer (stort, wasbak en 'n toilet) en 'n private balkon. Toegang word verleen deur sy eie motorhuis na die kamer.  

Besoek" BillsBest Boat House" en bespreek vir :
Diepsee visvang, plesier bootritte, branderplankry, snorkel met see-motorfietse, diepseeduik, "boogie boarding en "sea & surf kayaking"..... Dit nog nooit probeer nie - ons bied opgeleide beginnerskursusse aan. Strand stoele en sambrele kan ook gehuur word.

Vir volledige informasie en fotos besoek www.billsbest.co.za 

Maak 'n Besprekings Navraag

SCWEB
© 2010