Selfsorg Akkommodasie in Uvongo - Blackforest Woonstelle
 |
Black Forest
Vakansie Woonstelle
Tel: 039 315
0130
Cell: 072 674 6869
Faks: 086 653 3257
E-pos
blackforest@telkomsa.net |
|
Corner Stafford
& Marine Drive Uvongo, Suidkus KwaZulu-Natal, Suid Afrika |
Black Forest
Vakansie Woonstelle bestaan uit 2 slaapkamer eenhede en 3 slaapkamer eenhede met 2
badkamers. Ontspan in een van ons ruim Woonstelle aan die gewilde Suidkus,
bekend vir sy sub-tropiese klimaat feitlik reg deur die jaar met sagte
sandstrande en lekker golwe.
Ons nuut voltooide Woonstelle
is gelee op die strand aan die kant van die hoofpad skaars 250m na die
strand. Uvongo se hoofstrand, kinderswembad, getyswembad, die lagune met sy
bekende waterval, en 'n visvang peer is skaars 500m vanaf die perseel.
Alle benodighede
is binne loopafstand van die perseel. Vermaaklikhede soos flieks
winkelsentrums, restaurante, golf bane, mini-put en 'n voelpark is net 'n
kort entjie se ry. Ander vermaaklikhede soos die Oribi Gorge natuurreservaat,
golf bane en 'n krokodilplaas is net sowat 15 tot 25 minute.
Woonstelle is
selfsorg wat uit 2 slaapkamers & 2 badkamers bestaan,met 'n oopplan
kombuis/eetkamer,sitkamer en 'n balkon wat uitkyk op die swembad en die tuin.
Ons het ook 3 slaapkamers(akkommandeer 8)beskikbaar.
Al die Woonstelle is ten volle toegerus met nuwe meubels,TV's, met DSTV
(bring eie dekodeerder en kaart asb.) beddens, en alle toebehore vir die kombuis soos
'n mikrogolf,ketel, broodrooster,strykyster,en breek en messeware. Linne
word verskaf maar bring alle handdoeke.
Woonstelle word
skoongemaak voor aankoms en met vertrek, enige addisionele diens moet gereel
word. 'n Gemeenskaplike braai en 'n lekker groot swembad is daar vir die
hele gesin om te geniet. Elke Woonstel het sy eie sekuriteitshek met 'n kode
en 'n hoe muur omring die perseel. Daar is ruim parkering vir jou motor
binne in die perseel agter die sekuriteitshek.
Fasilitiete:
Parkering & Braai Fasiliteite op die perseel. Televisie (nie sateliet nie) &
'n kluis in die Eenhede.
Maak 'n besprekings navraag
|