Selfsorg Akkommodasie in Shelly Strand - Breaker View
Ons nooi u uit om net te kom ontspan en 'n
vakansie te kom geniet
wat nog lank aangename herinneringe sal oproep.
'n Manjefieke 180º seeuitsig vanaf ons groot houtdek wat ook uitkyk oor 'n lieflike
groot swembad
en braai gebied. Geniet die aktiwiteit van Shelly strand se
klein hawe vir plesier ritte en
diepseevisvang of ontspan net met die sagte
geklots van die branders net 30m weg.
Geniet 'n skemerkelkie terwyl jy uitkyk vir
Dolfyne wat in die see baljaar of vroegoggend
vir die "Boggelrug" Walvisse
wat al langs die kus opswem.
Breaker View bied 6 selfsorg eenhede aan
waarvan 4 na die see front.
Elke eenheid is nuut en smaakvol gemeubileer met
pragtige vloer teels en word in 'n
perfekte kondisie gehou. Ten volle
toegeruste kombuis, met 'n mikrogolf, yskas/vrieseenheid,
'n minie oond/stoof,
volledige breek & eetware. Elke eenheid het ook 'n TV, dak waaiers
en sy ie
privte braai gebied.
DSTV,
lugversorging en onderdak parkering.
Bed & Ontbyt
is op versoek beskikbaar.
Eenheid 1 (Seefront) bestaan uit 'n dubbelbed,
'n dubbeldekkerbed en 'n stort.
Eenheid 2 (Seefront) bestaan uit koningsgrote of 2 enkelbeddens en
'n stort.
Eenheid 3 (Seefront) bestaan uit 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n stort.
Eenheid 4 (Seefront) bestaan uit koningsgrote of 2 enkelbeddens en 'n stort.
Eenheid 5 (Nie seeuitsig nie) bestaan uit 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens.
Eenheid 6 (Nie seeuitsig nie) bestaan uit 'n koningsgrote
en 2 enkelbeddens.
"Shelly Beach Craft Harbour" bied verskeie
interessante aktiwiteite aan soos diepsee visvang,
plesierritte, Dolfyn en
Walvis besigtiging, diepsee duik -
Protea Rif is veral bekend vir verseie haaie.
Shelly Sentrum is net 30m se kort stappie:
Meer as 100 winkels, kettingwinkels soos (Woolworths, Edgars, Pick 'n pay)
daar is flieks vir gesinsvermaak wanneer hulle wil weg kom van die son of as
dit reen
en ook goeie restaurante en koffiewinkels.
Ons het van die beste golfbane aan die
Suidkus:
Margate Country Club (8km) - Port Shepstone Country Club (10km)
Southbroom Country Club (15km) - Wild Coast Country Club (30km)
Ander besienswaardighede vir die hele gesin:
"Pure Venom" Slangpark (10km) - "Crocodile Farm" - Snuiserywinkels
"Wild Coast Sun" (30km) - "Beaver Creek" Koffie Toere
Maak 'n besprekings navraag
|