Akkommodasie in Port Edward - Caribbean Estates "Villa George"

Villa George
(Within Caribbean Estates)
E-pos: george@gmtprivate.co.za  /  Web: www.gmtprivate.co.za

Villa George is gelee in die welige tropiese omgewing van 'n unieke private vakansieoord aan die Suidkus van Suid Afrika se KwaZulu Natal op die grens van die Indiese Oseaan aan die Ooste en die Umtamvuna Rivier aan die Suide. Die eenheid is beskikbaar vir 'n vakansie van 'n leeftyd. Die villa is met groot sorg gemeubileer en ten volle toegerus.

Fasiliteite op die landgoed sluit 'n pragtige swembad kompleks in, 'n tennisbaan geskik vir alle weersomstandighede, tafeltennis en 'n klein speelgrondjie vir kinders. Bring gerus jou eie boot of maak gebruik van die bote, jetski's en ander toerusting van Waterworld oorkant die rivier. Direkte toegang tot die onbesoedelde strand en die rivier word verkry deur wandelpaaie wat jou die skoonheid van die natuur en die menigte voellewe kan laat waardeer.

Die geduldige natuurliefhebber kan dalk klein boksoorte sien of die Samango apies. Die "Wild Coast Sun Hotel en Casino is net 5 minute se ry en bied watersport, perdry en menige ander avonture aan. Verskeie top Golfbane en restaurante is ook binne 'n kort bereikbare afstand.

Akkommodasie
Drie slaapkamers met dubbelbeddens en die hoofslaapkamer het 'n on-suite badkamer. 
Akkommandeer 6 mense per villa ( 2 per slaapkamer)
Aparte gaste toilet en stort.
Lugversorging regdeur die villa.
Ten volle toegeruste kombuis.

Volwasse & Kinder swembad in 'n pragtige tuin
Rook verbode in die villa.

Geen troeteldiere
Internet, telefoon en faks Fasiliteite by Ontvangs.
Parkering binne in die landgoed
Nie geskik vir rolstoelle nie.

Maak 'n besprekings navraag

 

SCWEB
© 2012