Selfsorg Akkommodasie in Port Edward - Caribbean Estates

Foon: +27 (0)39 311-2045

  E-pos: info@cepe.co.za

Faks: +27 (0)39 311-2046

  Web: www.cepe.co.za

"Caribbean Estates" gelee in die welige tropiese omgewing van Suid Afrika in KwaZulu Natal aan die Suidkus en is 'n unieke private oord wat grens aan die Indiese Oseaan aan die Oostekant en die Utamvuna Rivier aan die Suidekant. Die Caribbean Estates is 'n gestabiliseerde ontwikkeling met manefieke Villas om te huur vir 'n onvergeetlike vakansie.
Die Villas is eksklusief gemeubileer en  ten volle toegerus.

Fasiliteite op die eiendom sluit 'n pragtige swembadkompleks, tennisbane wat nie deur die reen oorvloei kan word nie,tafeltennis en 'n klein speelgrond vir kinders. Bring jou eie boot of maak gebruik van die bote, jetski's en ander toerusting by "Waterworld" net oorkant die rivier. Direkte toegang tot die onbederfde strand en die rivier word verkry deur 'n voetpad wat jou 'n wye verskeidenheid voels en pragtige natuurskoonheid bied.

'n Rustige wandeling kan jou dalk beloon deur klein bokkies te sien of die "Samango" apies.Verskeie uitstekende golfbane en restaurante is binne kort bereikbare afstande. Die "Wild Coast Sun Hotel" en Casino kompleks is net vyf minute se ry en bied watersport, perdry en wat ook al wat lekker is aan.

Die verhuringsswembad word op die perseel uitverhuur. Meeste van die huiseienaars maak van hierdie fasiliteit gebruik op 'n gereelde of nou en dan basis. Die eienaars moet hulle tye kies om die swembad te huur wat hulle die meeste pas en hulle Villas behou hulle vir eie gebruik.

Bespreek jou Vakansie deur E-pos of kontak die landgoed telefonies.

 

Vir verdere informasie, vul die onderstaande vorm asb. in
of kies die E-pos skakel :
info@cepe.co.za

 

Maak 'n besprekings navraag

 

SCWEB
© 2012