Selfsorg Akkommodasie in Margate / Coral Haven


039 312 0484 - foon | 039 312 0484 - faks | 072 234 9161 - cel
2 Clifton Rd, Margate, 4295 | Web: www.coralhaven.co.za

By Coral Haven het ons vir julle twee gemaklike ten volle toegeruste selfsorg eenhede op die perseel. Gelee in 'n stil woonbuurt van Margate sal 'n lekker rustige wegbreek of vakansie geniet kan word.

Die eienaars wat op die perseel bly sal alles in hul vermoe doen om te verseker dat jul verblyf aangenaam sal wees. Die perseel is binne loopafstand van Margate se hoofstrand en al die winkeltjies. Die Woonstelle asook die tuin het 'n lieflike seeuitsig en in die somer verskaf die hoe koraal bome welkome skaduwee in die tuin.

Die 2 slaapkamer eenheid akkommandeer 8 mense en elke slaapkamer het 'n dubbelbed met 'n on-suite badkamer. Die voorste rooi slaapkamer het 'n gemaklike bank by die venster waar jy die see sal kan bewonder en geniet. Die ander slaapkamer wys na die binneland en kry middagson.Die sitkamers en die balkonne kyk uit oor die see en die tuin en die soel aanlug kan geniet word op gemaklike stoele. Die 2 slaapbanke verseker dat 4 mense gemaklik sal slaap . Die kombuis is ten volle toegerus om in al jul behoeftes te voorsien. Braai  fasiliteite is in die tuin en daar is 'n klein private somerhuisie in die tuin om net lekker te kan ontspan weg van alles.

Die 1 slaapkamer eenheid  met 'n dubbelbed akkommandeer 6 mense en het 'n on-suite badkamer met 'n stort en 'n bad. Die venstersitbank het lieflike uitsig van die see en kry ook besoeke van verskeie voels. Op die 2 slaapbanke kan 4 mense slaap en die kombuis sal aan al jul behoeftes voldoen.

Beide eenhede het vol DSTV met 'n opnemer sodat jy jou gunsteling program kan opneem om later rustig te kan kyk. Daar is handoeke vir die badkamers in beide maar hulle mag nie as strandhandoeke gebruik word nie dus moet hulle in die woonstelle bly.

 

Maak 'n besprekings navraag

 

SCWEB
© 2012