Umhlangamkulu Drive, Southport - Posbus 2134 Port Shepstone, 4240
Tel: 039 681 2733 / Faks: 039 681 2733 / Selfoon:  073 993 4008
E-Pos ddrlodge@venturenet.co.za / Web www.dieudonnee.co.za

Ons is 800 meter  van 'n privaat ongerepte strand. Ideaal vir strand of rots hengel.
Diepsee visvang, familie bootritte, walvis en dolfynverkenning kan gereël word. Vir natuurliefhebbers is daar rivier visvang, kanovaart en vele voël soorte te bespied op die rivier en die strandmeer.

Ruim  dubbel en familie grootte kamers met mini kombuise.  Kamers is en-suite met stort en bad.
Alle kamers  het private ingange en balkonne wat oor die tuin en swembad uitkyk.

'n Groot  swembad kan geniet word reg deur die jaar, met temperature tot  31°C gedurende die somer. 
Smaaklike  ontbyt  word bedien in die privaat eetkamer, eetsaal of houtdek.

Dieudonneé River Lodge  is die eerste keuse vir 'n welverdiende vakansie of besigheids rit. 
Weggesteek in 'n tropiese landskap op die wal van die Uhlangamkulu Rivier (Rivier van die groot bamboes). Persoonlik bestuur deur die eienaars Wim en Antoinette Meyer.

HOE OM ONS TE VIND
Vanaf Johannesburg en Durban:- 
Neem die N2 Suid vanaf Durban, draai af by Hibberdene afrit en beweeg nog 20km aan. Ons is aan die regterkant, in Southport. Volg asseblief Dieu Donneé se pad aanwysings.

Vanaf Oos London, Kokstad en Port Shepstone:-
Neem die R102 na Hibberdene. Ons is 7km Noord van Port Shepstone in Southport aan die linkerkant. Volg asseblief Dieu Donneé se  pad aanwysings.

Vanaf die Suiderlike Drakensberg:-
Neem die R40 na die N2 Suid. Draai af by Hibberdene afrit en ry aan vir 20km. Ons is aan die regterkant, in Southport. Volg asseblief  Dieu Donneé se  pad aanwysings. 

Maak 'n Besprekings Navraag






 

SCWEB
© 2012