Terug na Indeks

Walvisse en Dolfyne

DIE TAAL VAN DIE SEE
Boggelrug Walvisse sing hulle eie unieke lied en kan van die ander  walvisse geïdentifiseer  word. Walvis klanke reik kilometers ver onder die see en werk soos langafstand oproepe tussen hulle. Dolfyne piep en klik op 'n manier wat kommunikasie moontlik maak. Wetenskaplikes ondersoek tans die vlak van kommunikasie om te bepaal of dit as 'n taal beskou kan word.

VOORKOMS STATISTIEKE
Gedurende die jaar word sowat 900 bottelneus dolfyne langs die KwaZulu Natalse kus aangetref.Met die aanbreek van die wintermaande en die jaarlikse sardienloop, migreer ongeveer 3000 bottelneus dolfyne langs die kus af wat die laer Suidkus 'n paradys maak vir mense wat na die natuurwonder wil kyk. 'n Mens mag ook gelukkig genoeg wees om die gewone dolfyne te sien wat digby die strand agter die sardiens aan jaag. Sommige skole kan tot by 1000 op 'n slag wees wat 'n belewenis vir die oog is. Die gewone dolfyne wat dieper waters verkies kan vroeg in die oggend nader aan die strand gesien word en kan tot by 30000 in hierdie gebied beloop.  Walvisse word nou baie gereeld langs die kus opgemerk en tot 2500 Boggelrug walvisse is reeds getel en met 'n groei persentasie van 10% per jaar is dit een van die groeiendste populasies in die wêreld,  nadat walvisjagters in vroeër jare die syfer na onder 7% van die oorspronklike populasie uitgewis het. Die Boggelrug walvis word gereeld gesien tydens hulle reis na die Suidelike Mosambiek waar hulle paar (swangerskap duur een jaar) en geboorte skenk.  

     

WALVIS KYKTYD
Die walvis seisoen begin gewoonlik teen die einde van Mei en bereik sy hoogtepunt  teen laat Junie met diere wat steeds noord reis na Mozambiek tot in Julie en Augustus. Hierdie maande bied uitstekende weer en walvisse kan gereeld gesien word terwyl hulle in die water baljaar. Tydens Augustus, September en Oktober begin die walvisse terugkeer na die suidelike Antartika veral wyfies met hulle kalfies. Hulle beweeg heelwat stadiger aangesien die kalfies nog aan hulle ma's drink, ongeveer 250 liter melk per dag. Dit is merkwaardig as 'n mens daaraan dink dat hulle nie in ons waters jag nie en dit steeds kan regkry om soveel melk te produseer. Menslike borsmelk bevat ongeveer 2% vet terwyl walvismelk 20% bevat en die walviskalfie groei ongeveer 22 keer viniger as 'n baba. Die beste tyd van die dag om walvisse te sien is vroeg soggens wanneer dit windstil is, maar as die wind later in die dag sterk waai raak hulle baie spelerig en kan hulle 'n asemrowende vertoning lewer deur hoog uit die water te seil en terug te plons. Boggelrug walvisse word maklik geïdentifiseer deur hulle blaasgatsproei wat tot 3 m bokant die oppervlak van die see kan styg en peer-vormig is." Southern Right" walvisse het V-vormige blaassproei wat ongeveer 1 m bokant die water styg. Hulle word dikwels ook heel naby die strand opgemerk.

WENKE VIR WALVISVERKENNING
Slegs gelisensieërde handelsbote wat geregistreerde walvistoeroperateurs is, word toegelaat om binne 300 meter vanaf die walvisse te beweeg. In dien 'n mens op so 'n toer sou gaan is 'n goeie sonskerm, 'n kamera of videopnemer uiters belangrik. 'n Kalm see is die beste vir die passasiers, maar die walvisse verkies die wind en is meer spelerig op 'n winderige dag. Kyk uit vir die spuitfonteintjies! Walvisse word maklik onrustig so dis beter om baie stil te wees. Maak seder dat die bootsman die nodige permitte het, vir u eie veiligheid en die van die walvisse.. 

WAT GAAN AAN IN ONS  WALVISWERÊLD?
 Alhoewel walvisse hulle hele lewe in die water deurbring, is hulle nie visse nie, maar soogdiere, dus warmbloedige, lug inasemende diere wat hulle kleintjies soog.

Kyk uit vir die "spuitfonteine"

Walvisse moet gereeld na die oppervlak kom om asem te haal en dit is as gevolg hiervan dat dit vir ons moontlik is om hulle tog na die Suide dop te hou. Walvisse haal deur hulle neuse asem wat aan die bokant van hulle koppe geleë is. Om asem te haal, kom die walvis naby aan die oppervlak, druk sy blaasgat skoon uit die water, asem uit en neem dan 'n diep asem in. Wanneer die walvis uitasem kan 'n sproei van ver af gesien word. Kyk langs die horison af vir 'n wit sproei in V-of peervorm wat 'n paar meter bokant die oppervlak rys. 

'n Flap van 'n vin beteken 'n diepsee duik
Gewoonlik duik 'n walvis 3 - 5 keer in vlak water voordat hy na die diepsee duik. 'n Diepsee duik kan ongeveer 10 - 20 minute duur. 'n Boggelrug walvis  wat diepsee toe gaan sal sy stertvinne hoog uit die water lig wat hom help om dieper te duik.

"Voetspore"
 Nadat die walvis asem geskep het, doen hy gewoonlik 'n vlak duik, en swem net onderkant die oppervlak van die water vir 'n minuut of twee. 'n Mens sal waarskynlik nie die walvis self kan sien nie maar jy sal wel kan sien waar hy is. Elke keer as die walvis sy stert beweeg, veroorsaak dit 'n "voetspoor" op die oppervlak. Dit lyk soos 'n oliekol op die water en deur dit te volg kan 'n mens die walvis onder water volg. 

Kyk uit vir walvisse wat SPIOENNEER
Walvisse spandeer nie die hele dag om te swem en asem te haal nie. Terwyl 'n mens na hully kyk, kan hulle moontlik ook asem ophou om na jou te kyk. Hulle het waarskynlik redelike goeie visie en sal soms hulle koppe uit die water lig en die omgewing bespied. Dit word "spyhopping" genoem. 

'n Walvis is 'n ding wat Spring
Die kop is nie al wat van tyd tot tyd uit die water steek nie. Die walvis kan geheel en al uit die water opspring.t veroorsaak 'n groot gespat as die dier terugland in die water en kan van veraf gesien word, veral die Boggelrug walvis is geneig om dit te doen, asook om hulle sterte en vinne op die water te klap, niemand het nog vasgestel hoekom hulle dit doen nie. 

Hoekom walvisse gejag was 
Aanvanklik was hierdie diere gesog vir hulle vleis en hulle olie wat gebruik was vir huishoudelike lampe, seep, salf en kookdoeleindes. Later, tydens die industriële rovolusie is wasvisvet gesmelt om as smeermiddels vir masjienerie gebruik te word. . Walvisbeen, 'n plastiekagtige materiaal wat in plate van die bokake van filtreervoedende walvisse hang, is gedurende die 19e eeu gebruik vir 'n verskeidenheid aanwerpings. Dit was lig, buigsaam en maklik om in dun repies te sny en is gebruik vir besems, borsels, sambrele en enigeiets anders wat sterkte en elastisiteit vereis het. Baleen was veral geskik vir die modebedryf en is gebruik vir die wye uitskop onderrokke, korsette, mansbaaidjies en skoenlepels. Tydens hulle lang ure ter see het matrose dikwels die tande en bene gekerf en ornamente daarvan gemaak - 'n vergete kuns genaamd "scrimshaw".

SCWEB
© 2010