Duik by die Protea Rotsbank Met soveel as 40 000 duiksessies wat plaasvind in'n jaar by Aliwal Shoal,( wat 60km noord van Margate geleë is), gaan baie bewonderaars nou verder suid om 'n rotsbank te probeer ontdek wat omtrent 7km van die kus af is en gelyk hardloop met die kontinentale bank. Die wegspringplek vir Protea Banks is die Shelly Beach klein vaartuig hawe. Daar neem die duikoperateurs tot 10 duikers op 'n slag, in spesiale styfopgeblaasde rubberbote uit deur die branders en 7km uit in die see. Protea Banks word gekenmerk as een van die beste banke om te duik vir haaie in die węreld. Die diepte is tussen 26 en 30 meter en daar is gewoonlik 'n sterk stroom. Duikers moet ten minste 'n gevorderde kwalifikasie he om te kan deel neem in die aksie. Die verskillende
tipe haaie wat gesien kan word by die Protea rotsbank is: - Zambesi,
Tier Haai, Koper Haai, Scalloped en Groot Hammerkop,
Swartvin Haai, Ragged Tooth Volduik fasiliteite sluit in: lug inneem, nitrox inneeem, duik kursusse,verkope en diens en daaglikse duik charters na die Protea Banke.. Die provinsie het 'n verskeidenheid van opwindende duik en snorkel poele. U kan u snorkel en paddavoete vat en na die beskutte mondings toe gaan. Daar is 'n goeie duikplek by Umhlanga Rocks en Ballito, maar die mees gewildste en suidelike duik gebiede bly die Protea Banke, Aliwal Shoal en die gewilde Landers Reef bekend vir sy ragged tooth sharks. Węreldklas duikplekke Die Suidkus het twee węreldklas duikplekke. Die eerste een is Aliwal Shoal (by Shelly Beach). Die water is gewoonlik die hele jaar lank warm en daal selde onder 20 grade selsius. Aliwal Shoal lę 5km van die kus af, net suid van Umkomaas. Die rotsbank is 'n gefosielde sandduin met 'n verskeidenheid van sponse, sag en harde koraal, en 'n mengsel van warm waterrif - en koue water visse. 'n Redelike aantal besighede bedryf buite Umkomaas en vat duikers uit op 'n daaglikse basis. Die ski-bote vaar deur die Umkomaas rivier mond. Een van die grootste aantrekkingskragte van die Aliwal Shoal is die groot hoeveelhede ragged tooth haaie wat saam groepeer, veral van Julie tot November. Om hierdie wonderlike spesie van naby af te sien is 'n uiterlike inspireerende erfaring en verbasend nogals veilig ook. Daar was nog nie een rekord van 'n haaiaanval, op 'n duiker, aan die kus nie. Die rotsbanke het verskeie uitmondings en inhamme om te verken en 'n groot verskeidenheid van visse om te sien. Daar is twee skipbreuke daarnaby wat die duik baie interessant maak ("The Nebo" en die "Produce") Die Protea bank lę 8km tussen Margate en Shelly Beach en het ook baie pelagic visse en groter haaie. Die rotsbank is vol grotte, pinnacles, riwwe en amfiteaters wat pret is om te verken, alhoewel haaie die hoof aantrekkingskrag is. Hierdie bank is slegs vir ervare duikers.
|
|||||||||||||
|
|