Selfsorg Akkommodasie in Shelly Strand - Emerald Cove
Akkommodasie
Die grasdakeenhede is smaakvol gemeubileer met 1 of 2 slaapkamers,sitkamer,kombuis en 'n private stoep. Elke eenheid is ten volle
toegerus met 'n mikrogolf, dakwaaier en 'n TV.
(DSTV is beskikbaar as jy jou eie dekodeerder bring.
Net 'n kort stappie by die
voorste sekuriteitshek uit, onder die Melkbome verby en jy is op die gewilde St. Michaels
se hoofstrand, wat in 'n veilige beskermde baaitjie gelee is tussen die
getyswembad en die lagune.
Geniet jou vakansie en ontspan net geheel en al by ons private swembad of neem 'n
strandwandeling en geniet die sonsopkoms of sonsonder.
LIGGING
Emerald Cove is idiaal gelee binne
loopafstand van die Shelly Strand Sentrum met sy flieks, restaurante,
kettingwinkels en strandwinkels. Vir die meer aktiewe persoon is daar vanaf die rotse hengel, diepseeduik of visvang, sport klubs en daar is 10 nasionale golfbane naby.
Ons kan vir julle walvisbesigtigingstoere of diepseeduik toere reel vra ons
net.
Besoek die Oribi Gorge en
geniet die wonderskone natuurskoonheid, en klein wild by "Lake Eland" roei op
die dam of hou piekniek of braai gesellig saam. Daar is ook een van die
wereld se hoogste afspringplek.
Wandel rustig tussen die
plaas en snuiserystalletjies op jou pad na Pord Edward. Dit is net 30 minute se ry na die " Wild Coast Casino" en vervoer is
beskikbaar vanaf die Margate se lughawe.
Vir meer besonderhede
en besprekings navrae besoek ons webblad -
www.emeraldcove.co.za |