Selfsorg Akkommodasie in Southbroom - Figtree Lodge

Click here to go Home

30 North Ridge Road,Southbroom, Suid Afrika
Foon +27 (0) 39 316 6547
Web:
www.figtreelodge.co.za  
E-pos:
sbelite@lantic.net

Figtree Lodge (bestaande uit Figtree Loft, Kingfisher en Swallow's Nest)

'n Eksklusiewe kombinasie van Bed & Ontbyt of Self-Sorg Akkommodasie vir die oordeelkundige Vakansieganger.

Southbroom is die voorloper van een van die mees eksklusiewe gebiede aan die pragtige KwaZulu Natal se Suidkus. Pragtige landgoedere tussen welige goedversorgde tuine,en die saffier blou van die warm Indiese Oseaan en die groen landskappe skep 'n absolute ontspanne  en veilige atmosfeer.

Figtree Lodge is so geselekteer en ingestel om aan al die oordeelkundige besoeker se behoeftes te voldoen in hierdie wonderskone gebied. 3 unieke eenhede, elkeen met sy eie bekoring,sal die mees kieskeurigste besoekers verheug.

Die gebied bied uitstekende restaurante, met seeuitsig en sommige kyk uit op 'n lagune. 'n Keuse van een van die beste golf bane, 'n goed voorsiene Supermark, 'n Petrolstasie, en 'n mediese sentrum met 'n dokter aan diens en verskeie sport fasiliteite. Vir eersteklas ontspanning is die " Wild Coast Sun Casino Hotel en Country Club" net 20-minute se rit. vir die wat die rustige lewe verkies is daar veilige wonderskone wandelpaaie met pragtige voels om te besigtig.

Ontdek ons perseel en vind uit hoe ons hier by Figtree Lodge en die Southbroom gebied jou vakansie kan omskep in 'n heerlike onvergeetlike ervaring.

Maak 'n besprekings navraag

 

SCWEB
© 2012