'Fun Holidays' Selfsorg Akkommodasie op die Suidkus
Margate Sands
Marine Drive, Margate.
Foon: (039) 312 8190
Faks: (039) 317 2732
E-pos: funhols@venturenet.co.za

WAAR EN WAT JY OOKAL KIES, ONS HET 'N VAKANSIE PLEK VIR JOU

Vir meer inligting, voltooi asb. die navraag vorm aan die einde van die bladsy.

Margate Sands
Vier ster Akkommodasie reg op Margate se hoofstrand. Hierdie drie slaapkamer Woonstelle akkommandeer 8 mense en kyk uit oor Margate se bekende strand. Almal het seeuitsig, DSTV, lugversorging, mikrogolwe, wasmasjienne, en tuimeldroeers.

Margate Sands is die enigste wat 'n verhitte swembad het. Hy het ook 'n minatuur golf, speletjieskamer en 'n kinderklimtoestel op die perseel.


 

Palm Park
'n Kort stappie van Margate se hoofstrand en winkeltjies.

Palm Park se twee en drie slaapkamer Woonstelle bied bekostigbare en gemaklike famielie akkommodasie.

Al die eenhede het selektiewe DSTV kanale, wasmasjienne en mikrogolwe en is ten volle toegerus vir vier of ses mense.

'n Rustige omgewing bied Palm Park lekker vakansie ontspanning vir die hele famielie.


Marine Terrace
Net buitekant Margate, bied hierdie vredevolle oord met twee slaapkamer eenhede ten volle toegerus met selektiewe DSTV kanale en mikrogolwe. Akkommodasie vir 6 mense. Sommige van die eenhede het seeuitsig en daar is 'n private swembad en braai gebied op die perseel.

Vermaaklikhede van Margate is net 'n kort ent se stap. 'n Hawe van vrede en privaatheid is net 5 minute se stap dan is jy weg van die besige vakansie dorpie van Margate.


Club Hacienda
Idiaal vir die ywerige visserman in die famielie is Club Hacienda want dit is net 'n klipgooi van Shelly strand se skieboot vasmeerplek en vir die res van die gesin is die Shelly Sentrum met restaurante, winkels en flieks daar. Die "Southcoast Mall' is ook net 'n paar minute se ry.
Hierdie dubbelverdieping twee en drie slaapkamer eenhede kan vanaf 6 tot 8 mense akkommandeer en elkeen het sy eie private braai gebied.
Daar is ook 'n gemeenskaplike braai gebied, swembad, put put en speletjieskamer op die perseel.

Maak 'n besprekings navraag

 

SCWEB
© 2012