|
Bed &
Ontbyt Akkommodasie in Ramsgate - Ilanga Ntaba

Ontdek hierdie idilliese
toevlugsoord van gemaklike elegansie. Weg van die gewoel van die
vakansiegangers bied hierdie karaktervolle huis by die see jou 'n unieke
wegbreek in 'n pragtige landelike omgewing 'n welkome rus en vrede tyd van
al die daaglikse spanning en druk.
Ilanga Ntaba (Sun
Mountain) is so idiaal gelee dat dit jou pragtige uitsig bied oor die seeblou
Indiese Oseaan asook oor die welige groen boomtoppe van Ramsgate se vallei.
Skaars 10 minute se stap en jy is op Ramsgate se lieflike goed toegeruste
hoofstrand met haainette, strandwagte, snuiserywinkeltjies, 2 goeie
restaurante en 'n piekniekplek. Die ander swemstrand van Ramsgate het 'n
getyswembad.

Die Gastehuis is 'n
oorspronklike plaashuis met vloere van Rhodesiese kiaathout, hoe plavonne en
ruim kamers wat 'n heerlike gemaklike informele atmosfeer skep. Ontspan en
rus volkome uit op die ruim stoep met sy lieflike seeuitsig en landskap.
Geniet die absolute private
swembad omring deur 'n goedversorgde sub-tropiese tuin met palmbome. Verkeer
gesellig saam binne in die Gastehuis of geniet die rustigheid van die koel
somerhuisie in die tuin met 'n goeie boek.

Daar is 'n grasdakbeskutting" boma"
waar gebraai kan word en 'n drankie geniet kan word onder die sterbelaaide
naghemel. Help jouself aan heerlike smaakvolle vars en gekookte disse vir
ontbyt op die groot stoep by jou persoonlike tafel en word geinspireer vir
die dag deur die unieke uitsig.
Ilanga Ntaba bied twee werklike ruim
slaapkamers, elke met 'n wonderlike seeuitsig en uitsig oor die vallei.
Beide het Koningsgroote beddens en is smaakvol gemeubileer om 'n warm en
huislike atmosfeer te skep. Die grootste stoep is langsaan hierdie kamers
waar 'n skemerkelkie voor aandete geniet kan word.

Die drie balkonkamers is heeltemal apart van
die Gastehuis en verleen absolute privaatheid. Elkeen het sy eie ingang en
private balkon met gedeeltelike seeuitsig en tuinuitsig. Die kamers is
sonnig en helder en jy kry sommer 'n strand gevoel. Jy kan 'n
koningsgroote, of 'n dubbelbed of twee enkelbeddens kies. Al die kamers het
dakwaaiers,'n kluis,'n yskas, gemaklike stoele en koffie/tee fasiliteite.
TV's met M-Net en on-suite badkamers met storte.

Maak 'n besprekings navraag
|