|
Terug na Hotelle
 Waar
Die Arende Vlieg
Die
Inheemse Ingele Woud, toring deur die mis na die weste. Die sterre strooi
hulle silwer glans oor die pikswart nag hemel. Veelkleurige vere van
seldsame voëls blink in die son. Stille rus. Dit is wat Ingeli Forest
Lodge aan u bied.
'n Rustige 2.5 uur rit vanaf Durban of
1.5 uur vanaf Pietermaritzburg, is die gastehuis die perfekte keuse vir 1-3
konferensies, opvoedkundige seminare of spanbou sessies.
Wandel
rustig tussen die reuse geelhout bome in die Ingeli woud, luister
na die vroegoggend voëlgesang, en wees op die uitkyk vir die
smarag groen en bloedrooi kleur spatsels van die inheemse Narina
Troupant. |
Gedurende
die dag is daar bergfiets ritte, perdry, tennis en swem om van te kies.

Aan
die einde van die dag kan u 'n uitstekende maaltyd geniet en u vriende
uitdaag vir 'n gemoedsame potjie snoeker of veerpyltjies en die 'Foresters
Kroeg' wat uitgevoer is met panele van antieke oregon. Pine en geelhout,
of die 'Eaglet' wat uit gras gebou is.
Ingeli Forest Lodge
is ideaal vir 'n wegbreek naweek vir gesinne wat uit die stadsgewoel wil
wegkom waar plattelandse aardsheid en kwaliteit verblyf hand aan hand gaan.
 Goed
toegerus, ruim en gemaklike kamers wag die besoeker in. Alle kamers het
en-suite badkamers, televisie, geriewe vir tee en koffie, onderdak
parkering en vir die koue nagte, elektriese komberse en verwarmers.
Elke kamer het 'n uitsig oor die rustige woude.
Ons
trots in die gehalte en verskeidenheid van ons keurige etes, 'n smullekker
buffet of a-la-carte spyskaarte, of geniet 'n eenvoudige kroeg ete. Geniet
middagete in die 'Eagles Nest' en bewonder die pragtige woude terwyl u eet,
moontlik sien u die pragtige Kroon arend of die groen en rooi Nerina
Troupant.
 Ingeli
is ideaal geskik vir troues , verjaarsdae, formele etes, spesiale
geleenthede en besigheids funksies. Trakteer u staf op 'n ontspannende
weg-uit-die stad ervaring.
Ons maak voorsiening vir konferensies met tot by
72 inwonende konferensie gangers of 120 dag besoekers.
Konferensie pakette is beskikbaar op aanvraag. Groepe van tot 120 mense
kan in die Indaba Kamer of Pigeon's Loft grasdak lapa langs die swembad
geakkommodeer word wat ook dien
as 'n kapel vir die eg-Afrika gevoel.
Ons
bied ook 'n Gereelde Besoekers Bonus aan vir verblyf van 10 besoeke, in
hierdie geval kwalifiseer u vir 'n bed en ontbyt naweek vir twee.
Vra vir 'n Gereelde Besoekers Kaart en besonderhede by ontvangs.

Maak 'n Besprekings Navraag
|