Selfsorg Akkommodasie in Margate - Juanita 401

401 Juanita
Phone: 039 312 1022 / Faks: 039 317 2212
E-pos: sumelda@mweb.co.za

Dakwoonstel op die Strand van Margate, 180  uitsig oor die strand van die Indiese Oseaan.
'n Groot onderdak balkon met 'n gasbraaier en gemaklike balkonmeubels.
Sateliet TV in die sitkamer en die hoofslaapkamer.

4 Slaapkamers: Die hoofslaapkamer het 'n on-suite badkamer met 'n private sitkamer en 'n TV,
die 2de Slaapkamer het 'n on-suite met 'n stort.
Die 3de en 4de Slaapkamers het 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort.

Oopplan Eetkamer wat 8 mense kan aansit en 'n sitkamer met 'n groot rusbank in die hoek.
Oopplan kombuis uitgevoer met hout kombuiskaste en werksoppervlaktes van graniet. Daar is 'n groot yskas/vrieskas eenheid langs mekaar. Skottelgoedwasser, Mikrogolf, Ooghoogte Oond en Stoof,  Ysmaker, Outomatiese Wasmasjien en Tuimeldroer.

 U het die gebruik van een oop parkering in die ondergrondse verdieping en een toesluitmotorhuis. Die perseel het 'n hysbak en 'n private swembad. Die perseel word beveilig met 'n sekuriteitshek wat toegang bied van en na die perseel. Die perseel is ook omhein en heeltemal privaat.

'n Skoonmaakdiens vir die badkamers en vloere is ingesluit vanaf Maandag tot Saterdag.

Maak 'n Besprekings Navraag

SCWEB
© 2011