Weer en Klimaat

Die Suidkus geniet 'n Subtropiese klimaat met warm en vogtige lug en milde winters langs die kus. In die somer is die temperature gewoonlik so tussen 20 en 25 grade selsius. In die binneland is temperature gewoonlik koeler in die aand. Harding en Kokstad kan koud wees in die aand met gewoonlik sneeu op die Ngelle Berge in die winter.

  Die Suidkus het n somer reënval gebied met voortduurende buie van ligte reën in November tot Maart. Die reën wolke blokkeer die son nie te lank nie, so daar is meestal sonskyn die hele jaar deur. Winterweer is pragtig met oneindelose still, sonnige dae. Die kalm see is perfek vir swem, duik, visvang of branderplankry. See temperature bly rondom die lae 20's en daal selde onder 19 grade celsius.

Die Suidkus is 'n malaria-vrye gebied

 

 

SCWEB
© 2011