Lake Eland Game Reserve - Oribi Gorge

Lake Eland
Natuur Reservaat
Tel: +27 39 687 0395
Cel: +27 83 257 9468
E-pos

Bosveld,Grasland,Hoogland en 'n Bosveld langs die kus is die vier spesifieke ekosisteme wat die besoekers 'n unieke geleentheid sal bied om wilde diere soos Kameelperde,Blou Duikers, troppe Zebra's, Wildebeeste,Elande en moontlik die skaam Bergrietbok of 'n Bosbok te kan besigtig. Voelliefhebbers moet op die uitkyk wees wanneer hulle al reeds die majestieuse Orib Gorge deur die masiewe kliphange van "Hells Gate" binnegaan vir die "Narina Trogan"," Starred Robin",die Knysna Houtkapper, en by die dam 'n Visarend om maar net 'n paar te noem van oor die 200 spesies wat tot op hede geidentifiseer is. Op die grasvlaktes sien 'n mens dikwels 'n "Ground Hornbill", 'n Sekretarisvoel en die 'Martial Eagle".

Akkommodasie:
Geniet die gesellige atmosfeer van die natuur in ons ten volle toegeruste selsorg houthutte  (hulle word gediens ook)Elke hut het sy eie beskutte braai fasiliteit en 'n stoep wat uitkyk oor die dam. Ons het ook 'n Kampeer en Karavaan gebied met lekker warm storte,elektrisiteit, abolusieblokke en opwas fasiliteite.

  • 7 Selfsorg houthut - akkommandeer 5 mense per hut
  • Park home - akkommandeer 12 mense
  • 6 Bed en Ontbyt eenhede - akkommandeer 2 mense per kamer
  • Kampering en Karavaning

Lake Eland Natuur Reservaat bied jou 'n private byeenkoms in die  Oribi saal of die Kudu Konferensie Sentrum

  • Die Oribi Saal het 'n ongewone dekor van 'n houtdak, mure,vensters en deurrame alles uit pragtige afgewerkte hout wat aan die saal 'n natuurlike atmosfeer verleen. Om dit te sien is om dit te waardeer. Lieflike groep foto's van troues/kollegas kan geneem word vanaf die pragtige houtdek wat uitkyk oor die dam. Lake Eland Natuurreservaat kan 250 gaste akkommandeer. Die saal kan so ingerig word dat dit kleiner funksies van 100 gaste kan akkommandeer of selfs meer as 250 gaste.

  • Die Kudu Konferensie sentrum bied jou die geleentheid om een met die natuur te kan word want dit kyk uit oor die hele reservaat vanaf 'n groot houtdek. Indien jy 'n meer aardse dekor verlang kan ons die Bos Boma ook tot jou beskikking stel. Die Kudu Konferensie Sentrum is idiaal vir klein funksies van so 50 gaste.

  • Die Kapel en die ou klipskuur is omskep in 'n bos kapel wat vir jou kerk seremonie gebruik kan word. Daar is sitplek vir 150 gaste.

  • 'n Verskeidenheid van spyskaarte om van te kies en jy het die gebruik van 'n kroeg wat genoeg voorraad aanhou vir meer as een funksie.

   Aktiwiteite & Fasiliteite



  • Kanoe roei, Seil & Boot roei

  • Eenhede, Karavaan & Kampering

  • Kinder speelplek

  • Konferensie sentrum

  • Eagles Nest Uitkykpunt

  • Ondersoek die plaaslike grotte

  • Foefie Slide & swem

  • Varswater visvang

  • Prettige aktiwiteite vir die kinders

  • Wildbesigtiging

  • Gids Wildstoere

  • Perdry, Fietsry & Veldpaaie

  • Lake Eland Classic gebeurtenis

  • Bergfietse te huur

  • Oribi Gorge Suspensie Brug

  • Piekniekplekke met braai fasiliteite

  • Restaurant, Kroeg & Curio winkel

  • Tee Tuin



Pad Aanwysings:
Lake Eland Natuur Reservaat is 45 minute se ry vanaf Port Shepstone.
Vanaf Durban (+/-123 Km) neem die N2 Suid na Port Shepstone. Draai af by die Oribi Plaza afrit (MOENIE DIE  UMTENTWENI AFRIT NEEM NIE). Draai regs op die N2 Harding / Kokstad pad. Ry deur 5 stelle robotte. By 'Oribi woonstelle Oos' draai regs, verby die Sement Fabriek, volg dan net die tekens na die "Lake Eland Game Reserve'.

Maak 'n besprekings navraag

 

SCWEB
© 2012