
AJ se Lecke vakansie
huisie is in Marina Glen Vakansie Oord
Marina Glen,
17 Mars Straat, Marina Beach KZN
Kontak Jentina vir meer
besonderhede by 073 286 3889
of e-pos my
by: jentina@findmeafarm.co.za
Faks: 086 615 6205
Marina Beach is een van die
mooiste dorpe aan die Suid-kus en is ongeveer 10 km suid
van Margate geleë en deel ‘n strand met Sanlameer.
Twee van die beste golf bane,
Sanlameer en Southbroom is ongeveer 2 km vanaf die vakansie huisie.
Marina Glen is binne ‘n sekuriteitskompleks geleë,
veiligheidsheining omhein en met ‘n veiligheidshek.
Ons het 'n baie netjiese
Selfsorg Vakansie Huisie
met twee slaapkamers beskikbaar.
Die perfekte wegkom plek van die stadslewe. Eenheid is selfsorg met 'n
volledige toergeruste kombuis, ysmasjien, gasbraaier, elektriese braaier en
skottelgoedwasser.
Akkommandeer gemaklik 4
grootmense 2 kinders. 2 slaapkamers, bestaande uit hoofslaapkamer met
dubbelbed en 2de slaapkamer met 2 dubbelbank beddens (dubbel onder, enkel bo)
en badkamer.
Dakwaaiers in die sitkamer, slaapkamer, kombuis en in die hoofslaapkamer.
TV in die sitkamer, DSTV Skottel (bring eie
dekodeerder of huur een vir R30.00 per dag)
Ontspan heeltemal en braai op jou stoep.
 |
Ideaal geleë 800 meter van
die strand met lagune,
swem area en visvangplek.
Die hoof strand is ongeveer 1 km en het blou vlag status
met heel jaar
lewensredder
en 'n mooi restaurant op die strand. |
TARIEWE
1/1/2012 - 15/01/2013
(6 persone, per nag)
1/12 tot 15/12 R425.00
16/12 tot 02/01 R650.00
03/01 tot 15/01 R425.00
April skool vakansie R500.00
Jun./Sep. skool vakansie R375.00
Lang naweke R300.00
Buite seisoen R220.00
Spesiale aanbod buite
seisoen
2 weke buite seisoen R 2100.00
1 maand buite seisoen R 3400.00
Vir elke persoon meer as 6,
ongeag sy ouderdom sal 'n addisionele R50.00
per nag per persoon geheg word. Maksimum van twee
ekstra persone toelaatbaar.
DSTV R30.00 per dag of bring eie dekodeerder
Ekstra betalings aan die oord:
Admin Koste van R200.00 en Breekware
deposito van R250.00
(Die R250.00 word DEUR DIE OORD aan u terugbetaal indien daar geen breekasies
of tekorte is nie)
Betaling:
Met bespreking is 50% deposito betaalbaar.
(Kansellasie
3 maande voor die tyd of u verbeur die deposito)
Die oorblywende 50% is betaalbaar die dag voor aankoms.
(As u sou nalaat om minstens ‘n maand voor die tyd te kanselleer, sal
u vir die volle bedrag aanspreeklik gehou word.)
Maak 'n besprekings navraag