Hotel
Akkommodasie & Konferensie in Margate - Margate Hotel
MARGATE HOTEL
Gelee aan die KwaZulu Natalse Suidkus, met 'n land van goue strande,
hemelblou see, lagunes, wonderskone kuslandskappe, etniese kultuur en feitlik reg deur die
jaar heerlike sonskyn bied dit een van die top vakansie bestemmings in Suid
Afrika. Margate Hotel is gelee in die middel van Margate die hoofstrand dorp
van die Suidkus skaars 'n hanetree van die lieflike blou vlag strand.
Margate Boutique Hotel bied lugversorgde, on-suite akkommodasie
vir vakansiegangers bruidspare en hul gaste, konferensiegangers, 21ste
verjaarsdag, Kersfees en 50ste huweliksherdenkings. Margate Hotel het onlangs 'n
"Bronze Arrow" toekenning van die PMR van Suid Afrika ontvang en hul eie
kroeg en restaurant die "Keg Pub & "Diner het die toonaangewendste Keg van
die jaar verwerf waarop hulle baie trots is.
Die Margate Hotel bied 'n
lieflike onthaalsitkamer wat uitkyk oor die Indiese Oceaan en hul spesiale
wittebroods-suite sal kosbare herrinneringe oproep. Hulle word gepamperlang
met 'n komplimentere bottel wyn, spesiale aandag aan hul kamer,en 'n
sjampanje ontbyt die volgende dag. Die Hotel bied ook 3 lugversorgde ten
volle toegeruste konferensiekamers wat tot 80 afgevaardiges kan
akkommandeer.
Maak 'n besprekings navraag
|