DBB Akkommodasie in St Michaels. Mountjoy Guest Lodge


Mountjoy Guest Lodge
12 Crown Road, St' Michaels-on-Sea, Suidkus
Phone & Faks: (039) 315 0482
E-pos: info@mountjoylodge.co.za / Web: www.mountjoylodge.co.za
Your hosts: Annette & Johan

Mountjoy Gastehuis is in die rustige bewoonde gebied van St Michaels-on-Sea.
Die pragtige blou vlag swemstrand is net 150m. Lekker binne loopafstand.

Mountjoy bied 'n wye verskeidenheid van absolute netjiese en skoon Akkommodasie wat enige besoeker se sak sal pas. Al ons kamers het of 'n private bad of 'n stort.  Die kamers kan vanaf 2 mense tot 6 mense akkommandeer vir die groter families.
Alle akkommodasie sluit ontbyt en 'n smaakvolle gekookte 5 gang aandete in. Ons het ook 'n knus ten volle gelensieerde kroeg en daar is 'n TV kamer en Speletjieskamer met tafeltennis, veerpyltjies, en 'n potspel tafel. Onder palmbome omring met sagte grasperk is 'n lieflike private swembad net vir jou gerief.

Wat te doen?
Die Shelly Sentrum is net 1km van ons af waar daar na hartelus inkopies gedoen kan word by kettingwinkels soos Edgars, Woolworths, Truworths, Foshini, Milady's en Clicks. Daar is 6 flieks vir familie pret en verskeie restaurante en strandwinkels.
Vir die natuurliefhebbers of avontuurlustiges is daar die  "Oribi Gorge" met sy natuurskoon, klein wildreservaat "Lake Eland" en wandel paaie wat net 25 minute se ry is.

Ons tariewe is miskien laag, maar ons standaard is van die hoogste gehalte!
Besoek ons en kom kyk vir jouself en jy sal wens dat jy vir altyd hier kon bly.

Maak 'n Besprekings Navraag









 

SCWEB
© 2012