|

Vakansiewoonstelle
Tel: 039 315
1313 -:- Sel: 082 372 1280
Maak 'n Besprekings Navraag
Absoluut
strandfront!
Kom sien, hoor en ruik die see!
Nellelani
vakansiewoonstelle is reg op die gewilde strand van Margate geleë.
5
Minute se stap na Margate hoofstrand en 3 minute se stap na Manaba
gety poel. Die ligging kombineer die gemak van inkopies doen en die
naglewe in Margate sowel die onspannende effek van ons grasperk,
palm bome en die strand regvoor ons perseel. Direkte toegang vanaf
die eenheid na die strand.

Die luukse 2
slaapkamer eenheid (no.6) is ten volle toegerus en het 2 badkamers.
Moderne oopplan kombuis/eetruimte met alle kombuis toebehore en 'n
ruim woonkamer met see-uitsig en is toegerus met TV
(normale kanale)
plus DSTV (bring eie kaart), DVD/CD en Videoband spelers.
Die hoofslaapkamer het ook 'n TV. Stoep met ingeboude gasbraaier en
asemrowende see-uitsig.
Die kompleks is omhein aan 3 kante, afstand beheerde hek en toesluit
motorhuise.
Sekuriteit wag is aan diens deur die nag. Beddegoed word voorsien,
bring eie handdoeke saam.
Daaglikse skoonmaakdiens word verskaf en daar is 'n wassery op die
perseel.
Winkels, eetplekke
en 2 beskermde swemstrande is binne loopafstand.
Bewoning is vanaf 14h00 op aankomsdatum en tot 9h00 op vertrekdatum

Maak 'n Besprekings Navraag
|