Oribi Gorge,'n natuur liefhebber se genot Die skitterende Oribi Gorge, wat omtrent 25km in die binneland van Port Shepstone is, is een van die Suidkus se gewildste wonderskone plekke.. Om die manufieke kloof te waardeer sal dit die moeite werd wees om by die Oribi Gorge Hotel 'n draai te maak en deur die landgoed te ry. Die hotel is ook iets van 'n avontuur sentrum wat adrenalien "junkies" 'n verskeidenheid van aktiwiteite offer van abseiling tot white river rafting. Na die wonderlike uitsig van die kloof is dit tyd om die natuurlike skoonheid van die die Oribi Natuur Reservaat te besoek. Die afdraai na die hoof kamp toe, van die N2, is omtrent 21km van Port Shepstone en padwysers is aangebring. Ry op die pad verby die hoofkamp en die pad sal daal tot binne in die kloof. Langs die hoofstraat waar die rivier kruis is daar 'n aantreklike piekniekplek asook talle wandelpaaie van tussen 1km en 9km in lengte, wat stappers 'n kans gee om die kloof se graslande en woude te verken.. Die insluitende plato bestaan uit graslande met uitgespriede bome, protea plase ingesluit. Steil sandsteen rotse vorm 'n agterdoek vir daardie natuurlike skoonheid. Met al die verskillende habitatte wat die reservaat het om te bied, is dit nie verbasend dat dit beskou word as een van die hoof voel plekke van die Suidelike KZN nie. 'n Lys van voëls van oor die 230 spesies insluit , boslande, graslande en die" birds of prey" wat die kloof hulle tuiste maak. Die skaars samango apie is een van die interessantste soogdiere wat gesien kan word by die kloof. Nog diere wat miskien gesien kan word is bobbejane, blou-apies, luiperds, karakulle, tierboskatte, jakkalse, otters, museljaatkatte, muishonde, dassies, bosbokke, rietbokke en duikers. Avontuur in Hoë Plekke Neem die Harding pad van Port Shepstone, draai regs na Oribi Gorge (Net 12km van Port Shepstone) en wees reg vir asemrowende natuurtonele en hoë avonture. Die Oribi Gorge was oor miljoene jare gevorm deur die Mzimkulwana rivier wat oor die plat oppervlaktes van die land gevloei het. Dit het frakture in die rots opgetel en stadig die klippe verweer en in die land se kors ingesny. Op die bodem van die kloof is daar klippe wat oor 1000 miljoen jaar oud is, terwyl die rotse self gevorm was deur sandsteen van omtrent 365 miljoen jaar gelede. Die natuur reservaat is in die kloof geleë wat omtrent 27km lank is en tot by 1km by die wydste punt en is geadministreer deur KwaZulu Natal Nature Conservation Service. Omdat die kloof so onbereikbaar was, is dit amper onaangeraak deur mense en het meer as 500 verskillende plant spesies. Dit bevat 'n rykdom van" semi-diciduous"(afwisselende) woude gekruis met wildsbok paadjies .Die bloeiende plante diep in die kloof gee 'n massiewe groot verskeidenheid van kleure af van bloedrooi tot hemel blou. Die kloof bied fantastiese voetslaan en bergfiets roetes asook uitsigpunte wat maklik is om te bereik vir mense wat net wil ontspan en die pragtige uitsigte wil sien. Ligte vliegtuig ritte kan ook vooraf bespreek work. Vir meer intense avontuur bied Oribi Gorge die werêld se hoogste abseiling gesig en in die reën seisoen (November tot April) kan u gaan" white river rafting" doen op die rivier, vir daai regte adrenalien "rush". Daar is akkommodasie beskikbaar by die kloof. U kan kies van 'n kamp met hutte of 'n selfsorg eenheid by die reservaat of bly in die aangenaame Oribi Gorge Hotel met sy wye balkonne en groot houtstompvure vir daardie koue wintersaande.
|
|||||||||||||
|
|