Selfsorg Akkommodasie in Margate - Palmridge

Tel: 039 317-1347
Faks: 039 317 1347
Mobile: 072 021 4465
E-pos: palmridge@margatekzn.co.za
Web: www.margatekzn.co.za

Selfsorg Eenhede
Gasheer: Leon en Janice Barnard

Palm Ridge pragtige oord gelee op die koppie van Margate net 'n lekker stap na al die besienswaardighede, omtrent 800m van Margate se blou vlag strand. 
Ons Eenhede is ten volle toegerus en kan 4 mense gemaklik akkommandeer. Die 2 slaapkamer eenhede het 'n bad en 'n stort, 'n oopplan kombuis en 'n sitkamer met M-Net en 1 kanaal  DSTV. Daar is 'n "Jet-master"  braai op die stoep van elke eenheid.

Ontspan net in hierdie ruim en luukse selfsorg eenheid naby Margate se swemstrand met 'n 180 grade seeuitsig vanaf sy balkon. Die kompleks is gelee op 'n koppie maar jy betree jou eenheid op die grondvloer en jou balkon is op die 1ste vloer. 
Die eenheid bestaan uit 3 slaapkamers waarvan die hoofslaapkamer 'n wonderlike seeuitsig het, daar is 2 badkamers , 'n oopplan kombuis/sit en eetkamer. Dit kan gemaklik 8 mense akkommandeer. 

Geniet die helder blou private swembad en jacuzzi in 'n rustige atmosfeer van 'n veilige toegemaakte terras tuin met oorhangende bome en 'n seeuitsig wat jou asem wegslaan.

Maak 'n besprekings navraag

 

SCWEB
© 2012