Paradise
Vakansie Oord. Southbroom - Marina Strand. Eenhede & Kampering
Kontak :
Laraine & Jess
Tel : 039 313 0655
Faks : 039 313 0766
E-pos : paradise@megadial.com
|
 |
Paradise Vakansie Resort
Suidkus Pad
Marina strand
Suidkus
KwaZulu-Natal |
Paradise Vakansie Oord bevat
'n unieke posisie van uitstekende binneland en seeuitsig in die verte aan
die Natalse Suidkus. Met jul aankoms hier sal Laraine
die eienares van die oord of Jess julle welkom heet en julle inrig met jul
akkommodasie. 'n Pragtige visdam met Gouevisse" en "Koi's sal julle
ook sommer laat tuis voel. Daar is ook 'n winkeltjie by Ontvangs wat die
basiese benodighede in voorraad het.
Paradise het 'n drie-ster
gegradeerde grasbedekte staanplek met skaduwee vir 36 Karavaan en Tent
opslaanplekke. Al die staanplekke het elektrisiteit, hulle eie braaier en
daar is 'n kraan tussen elke tweede staanplek. Die abolusie en opwas kamers
word silwerskoon gehou onder gereelde toesig.
Die Oord het 8
luukse houthutte en 14 "Plettenberg" Eenhede is ook te huur.
Hierdie eenhede is deur die AA hoogs
aanbeveel
Ten volle toegerus self-sorg, met skoonmaakdiens en
elkeen sy eie braai gebied.
Die houthutte het DSTV (bring net asb. eie kaart).
Die speletjieskamer bied veerpyltjies, tafeltennis, "pool" aan. By die Wassery is daar 'n TV kamer en 'n klein biblioteek vir
net lekker lees en ontspan terwyl jy wag vir jou wasgoed. Groter frieskas
fasiliteite is ook tot jou beskikking.
Die lieflike speelgrond vir kinders behels trampolines, 'n buitenshuise
skaakbord,'n vlugbal (volleyball)baan en 'n skitterblink swembad en 'n baba
swembad .
Vir groot groepe soos
golfgroepe of ander toere is daar 'n
ontbytkamer en 'n kroeg. 'n Spitbraai word gereeld gehou en en op versoek
kan ook ander geregte vir jou voorgesit word.
Die perseel is ten volle
omhein met 'n sekuriteitshek en wagte is op wag en patrolleer reg deur
die nag die perseel vir julle totale gemoedsrus.
Die park het 'n wye verskeidenheid voellewe soos die pragtige" Kynsna Lurie",
"Golden Oriole'," Malachite Kingfisher" en selfs "Vis Arende". Dassies en Duikertjies
kom gereeld die oord besoek. Die oord is
2.5 km vanaf die hoofstrand van Marina Strand, en 3min na Ramsgate en Margate
se blou vlag strande.
Die hoofdorp Margate bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite aan op die
strand gedurende die seisoen.
Wat om te doen:
5 Golf bane van die hoogste gehalte, rolbalbane en
tennisbane is ook naby ons. Diepsee visvang toere is beskikbaar en 'n rit na
"Oribi Gorge",of die Krokodil Plaas kan 'n genotvolle avontuur wees en op
pad na Pord Edward is daar padstalletjies, 'n restaurant met die heerlikste
pannekoek ens.
Die "Wild Coast Casino" en "Waterworld"
is net anderkant Pord Edward.
Aanwysigings:
Neem die N2 tolpad vanaf Durban
tot by Southbroom se robotte (die pad word dan die R61.) hou dan
net reguit aan Suid vir 2km. Paradise Resort is in die dip op die regterkant
van die pad. Volg dan net die pad tot by die Ingang se hek.
Maak 'n besprekings navraag
 |