Selfsorg Akkommodasie in Margate - Santorini 306A


Contact Isa Van Wyk - Tel: 082 785 9110
E-pos: agape@saol.com

Santorini 306A is gelee in die hart van Margate aan die KZN se Suidkus
en bied 'n luukse woonstel aan wat die mees kieskeurigste besoeker sal tevrede stel.

Idiaal gelee op die bekende Strandfront van Margate is dit waar jy jou heerlike vakansie moet geniet.
Geniet 'n skemerkelkie terwyl jy die wonderlike brander en seeuitsig bewonder en heeltemal ontspan op jou eie private balkon. Met sonsopkoms kan jy veilig uitkyk vir Walvisse of Dolfyne wat speel in die getinte see van goud en ligblou.

Akkommodasie & Fasiliteite
Die smaakvolle gemeubileerde woonstel is op die derde verdieping en bied asemrowende brander uitsig vanaf 'n ruim balkon met veiligheidsglas om en toegerus met 'n gasbraaier. Die eenheid kyk ook uit oor die bekende visvangpeer en is net 50m se stap na die blou vlag strand van Margate.

Sy moderne kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof,yskas/frieseenheid,mikrogolf,skottelgoedwasser,outomatiese wasmasjien en tuimeldroer. Die eenheid is lug versorg en het 'n TV met DSTV( bring net asb. jou eie kaart) en daar is 'n huis DVD sisteem. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, mikrogolf, yskas/frieskas eenheid, skottelgoedwasser,outomatiese wasmasjien en tuimeldroer. Die eenheid het 3 slaapkamers met 2 badkamers waarvan die hoofslaapkamer 'n on-suite het.

Kan 6 mense akkommandeer.
Alle linne en badhandoeke word voorsien behalwe Strandhandoeke. 'n Skoonmaakdiens kan teen 'n fooi gereel word.

Gedurende die seisoen is daar op Margate se hoofstrand allerhande vermaak vir die hele gesin. Om die son,sand,see,straatmarkte,naglewe en goeie restaurante te geniet alles binne loopafstand dan is Santorini jou vakansie bestemming.

Margate is net 2min se ry en 20min met 'n pragtige kuspad langs na Pord Edward met sy interessante snuiserywinkeltjies,padstalletjies, van die beste golfbane, "Waterworld" en "Wild Coast Casino''.

Daar is 2 afstandbeheerkontrole hekke en die veiligheidswagte het 'n huisie sodat hulle 24uur aan diens kan wees. Daar is ook 'n toesluitmotorhuis en 'n onderdakparkerings gebied. Al die woonstelle het direkte toegang tot 'n hysbak of trappe.
Santorini bied ook 'n manjefieke swembad en 'n gemeenskaplike houtskoolbraai gebied om die tiepiese Suid Afrikaanse someraande te geniet.

Buite Fasiliteite, Sport & Vermaaklikhede
Golf, visvang vanaf die peer of diepseevisvang, knormotors,perdry,dobbel, snuffel in snuiserywinkeltjies, voelsbesigtiging op wandelpaaie, winkel sentrums(Shelly strand het 2) gaan fliek al die lekker aktiwiteite wat die Suidkus jou bied.

Maak 'n besprekings navraag

 

SCWEB
© 2012