|
Terug na Indeks
Sardienkoors op die
Suidkus Sardientjies
lok toeriste Elke
jaar tussen Junie en September swem duisende silwer sardientjies noord vanaf
die koue suidelike oseaan by Kaap Punt verby die Transkeise kus na die
KZN se kuslyne in wat bekend staan as die jaarlikse sardienloop. Die
ongelooflike verskynsel van al die sardientjies bring baie seediere soos
haaie, walvisse, dolfyne en ander tipe visse. Met al hierdie lewe bring
dit nog 'n spesie - vriendelik genoem 'die toeris'. Die
unike sardienkoors is meestal 'n skitterende vertoning van groot
migreerende sardyne wat gevolg word deur talle ander seediere en
seevoëls. Hierdie natuurlike verskynsel gebeur selde iewers anders. Sekere
tye van die jaar spoel miljoene van hierdie klein vissies saam met die
gety op die strande uit en dit is dan wanneer die sardienkoors die plaaslike
vissermanne en besoekers gaande maak en hulle laat skarrel om 'n
skottelvol te skep. Dit, op sy beurt, verskaf 'n onverwagse bron van
voedsel aan die plaaslike gemeenskap asook aas aan die hoeke vir die met
'n groter prooi in gedagte.  Elf
is baie volop hierdie tyd van die jaar en om hulle van die rotse en seepilare af
te vang is baie gewild. Vir die mense wat van vis hou wat vars van die see af kom, is
daar niks lekkerder nie. Die
veiligheidsnette word gelig en verhoed onnodige sterftes van dolfyne,
maar word weer teruggesit waneer die sardienloop verby is.   Die
sardienkoors loop hoog, wanneer die visse die waters van Port Edward
tref. In sekere gevalle word die visse omring deur roofvisse en strand
toe gedryf waar hulle genet word deur vissermanne. Diepsee- duik saam met die sardyne is nie vir die
mense met 'n swak hart nie, dit
is 'n unike ervaring wat geniet word deur baie min duikers. Talle sportvisse en verskeie spesies van haaie
sak op die sardyne toe en maak jag op hulle. Omdat daar veiligheid in nommers is, swem al die
sardientjies naby mekaar wat vir hulle 'n groter kans op oorlewing gee.
Hulle lyk soos silwer juwele wat in die water is. Die dolfyne
geniet hulleself ook terdee met hierdie geleentheid, met tot by die 3 000 dolfyne
kan in 'n skool saam gesien word, besig om in die branders te speel
en jag in
die versilwerde water.
Dit is 'n eenjaarlikse gebeurtenis wat nie misgeloop kan word nie!
|