Welkom aan boord....
Seabrook Vakansie Woonstelle in Margate.
Warwich straat, Margate Hoofstrand, Kwazulu Natal Suidkus
GPS Coordinates: S 30:51:46 - E 30:22:14
"Intercity Express" stop in Marine rylaan by Margate Mini Coach se bordjie
(500 metres from
Seabrook).Die unieke ligging op Margate se hoofstrand bied
jou asemrowende brander en seeuitsig. Strandwandelings kan met veiligheid geneem word in die
aande want die strand is goed verlig. Seabrook is die landmerk wat op al die
lugfoto's verskyn van Margate se strand en die "Golden Mile" voetpad kan
vanaf meeste van ons woonstelle gesien word. Geen verkeer, geen
parkeringsprobleme, jy kan net afgaan en betyds jou plek in die son op die
grasbedekte terras onder palmbome gaan opeis en die hele oggend lekker le en
net ontspan en die son, see, lekkernye soos roomyshoringkies, klein
oliebolle te geniet. Later in die dag kan die kinders vanaf die
veiligheid van jul woonstel uitkyk vir Walvisse, dolfyne of kyk hoe die
lewensredders die haainette inspekteer sodat julle veilig kan swem in die
see.
Skaars 100m se stap na die pragtige groot
skoon Munisipale swembad , die "Rondevoux" Sentrum waar die kinders vlieers
by die "Kite Shop'' kan kry ma vir haar 'n pragtige swembroek kan koop of
haar stokperdjie kan uitbrei by '' The Scrap Corner". In
Margate se hoofstraat is daar flieks, 'n winkel wat die mooiste juwele en
gesondheidskerse verkoop "African Dreams" 'n Speelpark met 'n "Superslide''
wat in die seisoen opgerig word. Geniet van die beste "Capuccino 's'
in Margate by "Lilly's Bread Bin" vroeg oggend voor ontbyt en koop sommer
lekker varsgebakte warm broodrolletjies. "Checkers" Handelsbanke, 'n
Poskantoor, 'n Video Winkel, goeie restaurante alles op jou deurdrumpel. Is
daar fout met jou selfoon "TJ's Cellular & electronics" sal jou kan
help of soek jy 'n lekker boek om
te lees "Second Change Books" in die hoofstraat.
Vanaf Margate is dit net 'n kort rit na een
van ons top Golfbane en Rolbalbane. Margate se klein lughawe bied ook
Helikopter vlugte oor die see en vryval vanuit 'n klein vliegtuigie aan.
Sowat 7min se ry met die tolpad langs na Shelly strand is daar 'n nuwe
sentrum "Southcoast Mall" en aan die kus die Shelly Sentrum met sy flieks,
kettingwinkels, Pick 'n Pay, Clicks en verskeie restaurante. Die Shelly
Beach vasmeerplek vir bote bied Diepseevisvang, Walvisverkenning en
Diepseeduik aan.

Akkommodasie:
Ons een,twee,drie en vier slaapkamer woonstelle bied
bekostigbare familie akkommodasie aan met asemrowende seeuitsig oor Margate
se strand.Ons kombuise is ten volle toegerus en die badkamers het beide 'n
bad en 'n stort of net een van elkeen. TV's met 11 kanale en jy is
welkom om jou eie DVD speler saam te bring vir die kinders se TV speletjies.
Daar is 'n veilige parkeer gebied en daar is CCTV kameras is by al vier
uitgange/ingange. Die Ontvangkantoor is op die grondvloer oorkant
die gemeenskaplike munt wassery. Skoonmaakdiens is vanaf Maandag tot Vrydag
( die maak van skottelgoedwas en beddens opmaak uitgesluit). Linneomruiling
elke 7 dae. Bring asb. eie handoeke en vadoeke. 'n Gemeenskaplike braai
gebied is op die 3de vloer.
'n Lys van alle belangrike
telefoonnommers is in elke woonstel vir jul gerief. Die woonstelle is
gemeubileer en gegradueer volgens volle seeuitsig, van die kant
seeuitsig, geen seeuitsig, 'n balkon of nie, 'n balkon met seeuitsig en nie
en hoeveel mense slaap.
Maak 'n besprekings navraag