|
Selfsorg Akkommodasie in Uvongo - Sea Cottage

Marlene Olivier: E-pos:
marleneo@absamail.co.za
Tel: 011 475-3913 ~ Cell: 083 463 0491
Marius Scheepers:
Tel: 039 317-1836 ~ Cell: 083
340 1601
Sea Cottage is idiaal gelee
tussen St. Michaels-on-Sea (800m) &
Uvongo se hoofstrand (2 km).
Vanaf Margate se hoofstrand net 10min (5 km)
se ry en net 2km vanaf die Shelly Sentrum.
Hierdie ten volle toegeruste 3
slaapkamer, 2 badkamer huis bied die Vakansie wat julle nog lank sal onthou
met lekker herinneringe. Dit is 'n veilige 1 200 sqm erf vir kinders en troeteldiere.
(JA HONDE IS Welkom!!).
Voel rustig en veilig met
veiligheidswagte wat 24 uur patroleer en 'n dubbeldeur toesluitmotorhuis.
Vir die Visvanger entoesias is die
bekende "Orange Rocks" binne 'n kort loopafstand!!!!Die Oopplan kombuis is ten
volle toegerus met 'n skottelgoedwasser, 'n outomatiese wasmasjien en
tuimeldroer, mikrogolf ens.
En moenie die pragtige
seeuitsig sommer by jou vergeet nie!
Die ruim sitkamer is lekker
koel om in TV te kyk daar is 'n M.Net skottel.
(Bring net jul eie
dekodeerder asb.)
3 slaapkamers wat 8 mense
akkommandeer, 1 dubbelbed, 4 enkelbeddens, en 1 dubbeldekkerbed in die sitkamer. 2 Badkamers pragtig geteel met
'n bad en 'n stort.

Maak 'n besprekings navraag
|