Selfsorg Akkommodasie in Uvongo - Speeltyd Vakansie Huis
 |
"Speeltyd"
6 Hillside Crescent,
St. Michaels-on-Sea
P.O Box 286, Uvongo,
4270, KwaZulu-Natal
Cell: 083 680 6235
/
Tel: 039- 315 0498
Faks: 039-315 0498Morne, Alie en Delene Swanepoel |
'Rolstoel
vriendelik ' is hierdie Vakansie huis met al die gemaklikhede van jou eie
huis.
Daar is 3 ruim slaapkamers met en-suite badkamers, die hoofslaapkamer het sy
eie ,TV met 'n vol DSTV. Goed toegerus om 10 mense te akkommandeer. 'n
Praktiese goed toegeruste kombuis met 'n mikrogolf, 2 yskaste, stoof,
wasmasjien en tuimeldroeer.
Daar is 'n sitkamer en 'n eetkamer met 2
tafels waar 10 mense sal kan aansit. 'n TV kamer met 'n 52cm TV met
vol DSTV.
Op die stoep wat uitloop vanaf die eetkamer en kombuis is 'n kroeg net 'n
kroegyskas en 'n Vriesyskas. Veilig omhein, met 'n alarmstelsel en 'n
enkel toesluitmotorhuis en bediende kwartiere.
"Soli Deo
Gratia" 105 Marine Drive, Uvongo.
Die inviduele dekoratiewe selfsorg Vakansie Woonstelle
is gelee binne loopafstand van Uvongo se hoofstrand. Ingerig om jou net so
tuis te laat voel soos jou eie huis.
Elke woonstel is goed toegerus om 2 tot 6 mense te akkommandeer.
Hulle het TV's met volle DSTV sonder ekstra kostes en sonder om jou eie
kaart te bring.
'n Praktiese kombuis met al die nodige
toerusting soos 'n mikrogolf,stoof, goeie braaipan en 'n wasmasjien.
'n Lieflike solar verhitte swembad is op
jou deurdrumpel en braai fasiliteite is naby elke woonstel beskikbaar.
Ons gebied
Die
"Wild Coast Sun Casino" is 35 km's met sy verskeidenheid van
fasiliteite en 'Extravaganza' opvoerings. As te ware het die hele Suidkus so
veel om aan te bied tot die genot van die besoekers soos om in die son
lekker te le en bruinbak, of om van ons vele besienswaardighede soos die
Krokodil Plaas, die Skulpieswinkel,Voelpark,' Oribi
Gorge' of van die menigte strandwinkeltjies te besoek of om net 'n wonderskone
natuurrit te onderneem langs ons strande.
.
Ons het van die beste keuses van goeie
restaurante om van te kies in ons omgewing ook alle sportfasiliteite is naby
soos golf, rolbal, tennis,visvang,staptoere of diepseeduik. 'n
Diepseevisvangtoer kan ons ook vir jou reel.
Blou vlag strande van St Michaels, Margate en
Ramsgate is van die mees gewilde strande asook Uvongo se strand met sy
waterval is naby ons. Meeste van Suid Afrika se Branderplankrykampioenskappe
word op St. Michaels se strand gehou. In Shelly strand is daar ook 'n
"Shelly Sentrum' met 5
flieks, Pick 'n Pay, Woolworths, Edgars ens. Ons nuwe "South Coast Mall" is net 1/2km
se ry.
ONS SIEN DAARNA UIT
OM JULLE LEKKER WELKOM TE HEET aan die Suidkus!
Cell: 083 680 6235
Tel: 039 315 0498
|