|
Tussen Shelly
Strand en Ramsgate
strek 10km van goue strande en 'n opeenvolging van versteekte
strandmere en rotsagtige inhamme wat deur die warm Indiese Oseaan
gebaai word. Hierdie manjifieke stuk kuslyn bied wonderlike
geleenthede om die buitelewe te ontdek en te ervaar.
Verken versteekte
inhamme en rotspoele waar kleurvolle anemone, seesterre, sponse,
klein vissoorte, kreef, en ander seelewe ontdek kan word. Die hele
Margate kuslyn kan per voet verken word, 'n wonderbaarlike
stapervaring langs die voetpad deur inheemse strandwoude, tipies van
hierdie subtropiese gebied.
Margate, Ramsgate, St
Michaels-on-Sea,
en
Shelly Beach
bied almal veilige swem strande
met haainette in plek en lewensredders aan diens. Die
watertemperatuur wissel in die lae twintigs sodat 'n mens selfs in
die koue tye van die winter kan swem. Getypoele is tussen die rotse
by al hierdie stande gebou en die poele word elke dag deur die gety
met vars seewater gevul. |
|
SHELLY
BEACH Skulpe
van die Suidelike kus kan hier gevind word. Die fynste miniatuur"
pink lady shells" kan hier gesien word as gevolg van die
vlak rotsriwwe. Shelly strand is 'n gewilde strand vir ski-bote,
hengel en skuba duik. Die bekendste Protea Rif (7km vanaf die strand
in die see in) wemel van see lewe. |
|
ST. MICHAELS-ON-SEA is
die speelplek van branderplankryers en soortgelyke sportsoorte.
Hulle soek almal na die perfekte golf en het een van die beste "point
breaks" in Suid Afrika. Wanneer die suidwesterlike wind waai is
hierdie strand sonder gelyke. |
|
UVONGO
BEACH is
bekend vir sy waterval wat 23m ver in een van die diepste strandmere
in die land na benede stort. Die hoë digbegroeide rotswande beskerm
die strand. Langs die rivier loop 'n voetpaadjie wat na die Uvongo
Rivier Natuur Reservaat lei. Op die stand verkoop informele
handelaars vrugte, mandjies en plaaslike handwerk. 'n Groot
kleuterswembad is geleë op die graswalle in die skadu van groot bome. |
|
MARGATE
BEACH is
altyd volop aksie. Die "een myl" strand het 'n wye aantrekkingskrag.
Gedurende die seisoen word feestelike vakansie programme aangebied
met skoonheids kompetisies, musiek konserte en pret vir oud en jonk.
Soos die groen parke in London, is Margate Strand 'n integrale deel
van die dorp wat dit omring. Daar is 'n pretpark, 'n groot olimpiese
swembad en 'n oop sandstrand vir strandspeletjies en rondlê. |
|
RAMSGATE
BEACH
bied braai en piekniek fasiliteite in 'n skaduryke park vir die wat
meer rustigheid soek. Restaurante vir alle smake is nabygeleë, of
geniet 'n skemerkelkie terwyl u na die dolfyne kyk wat verby swem. |
|
SKI BOAT BAY
is 'n gewilde afspringplek vir die plaaslike vissers- en plesier
bote en by BIG TREE dans windseilplankryers op die
MBIZANA STRANDMEER. |