Selfsorg Akkommodasie in Margate - Sumelda

Posbus 71, Margate, 4275
Tel: (039) 312 1022
Faks: (039) 317 2212
Email: sumelda@mweb.co.za
 

Sumelda Cabanas is reg aan Margate se strand geleë, die juweel van die Suidkus.
Elke eenheid het 'n panoramiese seeuitsig en verskaf luukse akkommodasie wat bestaan uit
3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oop plan kombuis, sit/eetkamer,
groot balkon waarvan die helfte onderdak is met 'n ingeboude gasbraaier.

Ons bied verder fasiliteite aan soos 'n private swembad, automatiese wasmasjien en tuimeldroer,
onderdak parkering of 'n toesluit motorhuis.

Die Cabanas is volledig toegerus met 'n TV, vrieskas geriewe en dit word daagliks gediens. 
Akkommodasie vir 'n maksimum van ses persone, linne word voorsien behalwe handoeke. Bediende akkommodasie op aanvraag beskikbaar.

Margate se aantreklikhede, insluitend strandwinkeltjies, snuiserywinkeltjies en die
seisoen vermaaklikheid op die hoofstrand  is binne loopafstand.
Die "Wild Coast Casino" is slegs 30 minute vanaf Margate net anderkant Pord Edward.

Maak 'n Besprekings Navraag

 





SCWEB
© 2011