Selfsorg Akkommodasie in Umtentweni - Sunview Lodge


Sue en Ralph van den Berg
E-pos: sunview@iafrica.com
Tel / Faks:  (+27) 39 695 1343
Website: www.sunviewlodge.co.za

Hierdie veilige eiendom is gelee in die dorpie Umtentweni aan die Suidkus van Kwa Zulu Natal in Suid Afrika. Die Huurhuis het pragtige seeuitsig oor die Indiese Oseaan, waar Bottleneus Dolfyne en Boggelrug Walvisse heel dikwels gesien kan word. Neem strandwandelings op lang sagte wit strande en net 'n kort stappie bring jou by die hoofstrand van Port Shepstone. Ons subtropiese plantegroei lok ook baie verskillende voels.

Die eenhede is ten volle toegerus vir Selfsorg.
Die Huurhuis bied 'n skitterskoon private swembad, 'n gemeenskaplike braai gebied en 'n Wassery aan.

RUIM TWEE SLAAPKAMER EENHEID

Beide die slaapkamers het on-suite badkamers.
Ten volle toegeruste kombuis, oop plan sit/eetkamer, 'n stoep en 'n uitkykdek. 
TV met DSTV (kompakte 23 kanale)

2 Woonstelle

Slaapkamer met 'n badkamer
Ten volle toegeruste kombuisie 

'n Lieflike grasperk om net te ontspan en braai fasiliteite.
TV met SABC 1,2,3 & E-tv.

Winkelsentrums, Supermarkte, Kettingwinkels, Koffie winkels en goeie Restaurante binne 'n kort afstand bereikbaar.

Maak 'n besprekings navraag

 

SCWEB
© 2012