|
B&B en Selfsorg Akkommodasie in Margate - Treetops Lodge

Phone: 039-317-2060 Cell:
082-563-7819 Faks:
039-317-2061
E-pos:info@treetopslodge.co.za
Web:
www.treetopslodge.co.za
TREETOPS LODGE
'n oase gelee in 'n pragtige subtropiese tuin met wonderlike voel lewe . in
'n rustige en vredevole atmosfeer.
Weg van die gewoel bied
hierdie klein Gastehuis hartlike gasvryheid en persoonlike diens om te
verseker dat die familie geheel en al sal uitrus en ontspan. Ons
lieflike en inviduele toegeruste eenhede is so ingerig dat julle absoluut
gemaklik en tuis sal voel.
Net 'n paar minute vanaf die
hoofdorp Margate en sy hoofstrand per motor, per voet so 10 minute en ook
net 'n kort afstand na die ander strande, die Shelly Sentrum met sy flieks,
kettingwinkels, restaurante en Supermarkte. Die "Shelly strand Ski Boat Club'
bied diepseevisvang, Walvis en Dolfyn besigtiging, duik en plesierritte aan.
, Top Golfbane, "Waterworld" Snuiserywinkels, "Wild Coast Casino" is maar net 'n
paar besienswaardighede vir die hele familie.
Gemaklike
Bed en Ontbyt slaapkamers met on-suite badkamers
waarvan een 'n Jacuzzi het – idiaal vir 'n wittebroodspaartjie
of 'n spesiale wegbreek.
Al die kamers het 'n
kroegyskas, tee/koffie skinkbord, 'n kluis en dakwaaiers. SABC televisie
word voorsien en daar is 'n aanleg vir DSTV – bring jou eie
dekodeerder en kaart. Daar is ook 'n DVD speler op aanvraag. Help jouself
aan die heerlike vars voorbereide ontbyt wat bedien word of in ons elegante
Eetkamer of op die ruim stoep in die tuin.
Selfsorg eenhede is ten volle toegerus met 'n
groot yskas/vries eenheid, 'n kleinerige oond, stoof, mikrogolf, alle
messeware en breekware en linne word ook verskaf. Daar is ook dakwaaiers en
kluise en TV's met gewone kanale. Daar is 'n aanleg vir DSTV jy moet net jou
eie dekodeerder en kaart bring.
Ons groter eenheid
akkommandeer tot 5 mense en het sy eie ingang en 'n private braai gebied -
al die ander akkommodasie het hulle eie ingang langs die houtdek en hul eie
stoep wat uitkyk oor die pragtige tuin en skitterskoon swembad. Daar is
verskeie braai gebiede beskikbaar en veilige parkering. 'n Gaste Sitkamer en
Kroeg is tot almal se beskikking.
Ons het NIE SEEUITSIG nie as
gevolg van ons pragtige bome maar wees verseker dat julle ons pragtige
natuurlike ligging sal geniet en ook die vriendelike warm gasvryheid van
Maggie jul gasvrou. Kontak ons net asb. vir meer inligting.

Maak 'n besprekings navraag
|