Wenke oor Veiligheid en Gesondheid

BLOUBLASIES EN ANDER STEKERIGE GEDIERTES
Kry 'n produk met die naam "Stingose" van die apteek en hou dit in jou strandsak. Pas op vir allergiese reaksies deur bysteke. As jou borskas toetrek en jy voel duiselig van 'n steekplek, gaan na die naaste dokter of hospitaal.

SEEKASTAIINGS
Dra plakkies wanneer jy in 'n seepoel swem om te verhoed dat jy nie op een van hierdie "gogo's" trap nie, hulle is gewoonlik op die kante van die rotse in getypoele. As jy ongelukkig genoeg is om in aanraking te kom met een van hirdie seediere, (gewoonlik 'n paar pik swart assegaaie in jou voet ingeboor) moet jy onmiddelik die wond in 'n emmer warm water hou vir so +/- 10 minute. Dit verdun die gif (wat nie op ons kus dodelik is nie). Gaan sien 'n dokter so gou as moontlik, sodat die wond skoongemaak kan word om infeksie te voorkom.

SONBRAND
Gebruik 'n minimum van SPF 30+ anders word die kans vir velkanker groter. Die UV strale so sterk dat as enigiemand vir 'n half uur in volle son, sonder sonbrand beskerming, erge ongerief sal he. Daar is geen effektiewe teenmiddel vir as jy kwaai gesonbrand het nie. As jy eers gebrand het, is dit gedane sake. As jy blasies kry is dit 'n sekondêre brandwond - gaan spreek 'n dokter!

LAGUNES
Die bakteriese telling kan hoog wees in die lagunes, so moenie jou kinders toelaat om in die water te speel nie, anders kan hulle dalk oorinfeksies of diarree kry.

Die volgende veiligheidswenke is deur al die lewensredders gegee wat by al die hoofswem strande is.

  • Wanneer u op die strand kom is dit belangrik om seker te maak dat die lewensredders aan diens is - lewensredders dra rooi en geel klere sodat dit maklik is om hulle uit te ken. 

  • Maak seker u ken die plaaslike strand kondisies - getye, kanale, winde en breukers as ook die rotsagtige uitsteeksels.

  • Die lewensredders se instruksies moet gehoorsaam word en as u in die see wil swem moet dit tussen die twee vlaggies op die strand wees. 

  • Moenie in die aand of laat-middag swem nie. Moet ook nie swem waar daar nie lewensredders is nie, dit is gevaarlik en iemand kan verdrink. 

  •  Indien u nie 'n sterk swemmer is nie, is dit raadsaam om nie verder as kniediep te gaan nie en gelyk met die strand te swem sodat dit nie nodig is om te ver te swem indien jy moeg raak nie. 

  • Jong kinders moet ten alle tye onder oë gehou word en onder verantwoordelike volwasse toesig wees. 

  • Moenie naby aflooppype, rotse, breekwaters, ens swem nie. Maak seker dat jy weet wat onder die oppervlakte is en moenie duik as daar twyfel hieroor is nie. 

  • Moenie na 'n groot maaltyd of as jy alkohol gebruik het, gaan swem nie, onthou "drinkers is sinkers!"

 

 

SCWEB
© 2011