|
Selfsorg Akkommodasie in Margate - Villa Siesta
VILLA SIESTA – MARGATE Strandfront
Villa Siesta No. 4 vir 'n sorgvrye kommerlose Vakansie.
Geniet die lekker sonskyn en ontspan geheel en al met die rustige klank van
die branders wat breek. Bewonder die sonsondergang terwyl jy 'n drankie
geniet en 'n vleisie braai vanaf jou eie private stoep. Verlang jy net 'n
stil rustige vakansie of 'n vakansie met baie aktiwiteite dan sal hierdie
klein juweel net die plek wees vir jou.
No 4 word daagliks gediens deur Lucy en
haar opgeleide skoonmaakspan( dit is ingesluit in die daaglikse tarief). Die
eenheid het ook 'n gekontroleerde toesluitmotorhuis en 'n parkerings gebied.
Hierdie hoe standaard dubbelverdieping
selfsorg akkommodasie sal aan al jou behoeftes voldoen. Dit is in 'n veilige
ommuurde kompleks van 8 eenhede. 'n Sekuriteitswag patroleer gedurende die
nagte. Pragtige seeuitsig, binne loopafstand na Margate met sy bekende
hoofstrand, snuiserywinkeltjies, strandmarkte, restaurante ens.
Daar is baie tyd en aandag gespandeer aan die
uitleg van die eenhede. Dit is pragtig gemeubileer maar skep tog 'n
gemaklike strandatmosfeer. Boeke, tydskrifte en video's is tot die gaste se
beskikking.
Die grondvloer bestaan uit 'n smaakvolle
gemeubileerde oop plan sit/eetkamer en 'n ten volle toegeruste kombuis
met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroer,mikrogolf en baie pakplek
in 'n yskas/vries eenheid. 'n Gaste toilet is ook op die grondvloer.
Seeuitsig vanaf 'n groot stoep met 'n ingeboude braaier en 'n Weber, gemaklike
stoepmeubels om net te ontspan en 'n klein tuintjie.
Die boonste verdieping bestaan uit 3
slaapkamers ook smaakvol gemeubileer. Die hoofslaapkamer het 'n
koningingsgrootte bed met 'n on-suite badkamer en 'n balkon. Die ander 2
kleiner slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel 'n 2de badkamer. Al
die slaapkamers het wonderlike seeuitsig.
In 'n hoekie in die eetkamer is 'n baie gemaklike oopslaanbank ingerig, dus
kan elke eenheid 8 mense akkommandeer. Dakwaaiers in elke slaapkamer om
heerlik koel en gemaklik te kan wees wanneer verlang word.
Daar is 'n kluis in een van die slaapkamers
en 2 haardroers vir jul gerief. Volle DSTV (ingesluit in die daaglikse
tarief). 'n DVD speler is ook daar vir jul gebruik. Koel heerlik af in ons skitterskoon
swembad wanneer julle van die strand af kom. Linne en badhandoeke word voorsien! 'n
Bababedjie "Campingcot" is beskikbaar indien benodig.
Kinders van alle ouderdomme is meer as Welkom.

Ons is geregistreer by beide "Hibiscus
Tourisme en "TKZN Tourisme".
Maak 'n besprekings navraag |