Bed & Ontbyt Akkommodasie in Ramsgate -  Wailana Strand Lodge


Hosts: Reny en Rene
436 Ashmead Road Ramsgate
Tel/Faks: 039 314 4606 
Cell: 082 379 0922

 

E-pos: wailana@africa.com
Web: www.wailana.co.za

 Wailana 'n luukse Gastehuis in Ramsgate aan die Suidkus van Kwa-Zulu Natal.
See uitsig  en 200 meter van wit see sand, see en rotspoele.

Idiaal vir 'n naweek wegbreek om net te ontspan en te geniet wat ons aanbied.
'n Keuse van vyf unieke ontwerpte slaapkamers elk met sy on-suite badkamer, groot gemaklike beddens en eie private sondek. Geniet ons skitterskoon swembad en dan die mildadige son op ons groot tuinbank in 'n lieflike sub-tropiese tuin. 'n Hangmat lekker in die koelte is ook tot jou beskikking.

Geniet 'n laatmiddag koppie tee/koffie op die swembad se stoep of 'n skemerkelkie binne of buite ons kroeg..
'n Heerlike eg Suid-Afrikaanse ontbyt en 'n vars voorbereide vegetariese ontbyt word op die terras aangebied jy help net jouself. 'n Piekniekmandjie vir middagete kan gereel word of bespreek by "Christina Martin'' ons opgeleide kok 'n watertand aandete van 'n keuse van tradisionele Suid-Afrikaanse geregte of internasionale geregte om hier te geniet.

Vir u gerief het ons 'n gidsboek met al die inligting van besienswaardighede, genietinge en avonture saamgestel soos "Oribi Gorge' se natuurwonders en avonture. "Lake Eland Natuurreservaat" en "Vernon Crooks". Die Suidkus bied ook 9 van die top Golfbane aan binne bereikbare afstand asook  tennisbane, rolbalbane. Ons het ook verskeie skoonheidsalonne, fiksheids klubs,snuiserywinkels, winkelsentrums, goeie restaurante, supermarkte en flieks.

Ons sal met graagte vir jou reel om te gaan diepsee visvang,duik by een van die top haairiwwe of 'n plesierrit te onderneem met 'n sweefvliegtuig of met 'n klein vliegtuigie. Al ons strande het haainette en strandwagte om jul veiligheid te verseker.
Verder hier by ons vir u gerief is die gebruik van 'n telefoon, faks en e-pos fasiliteite, 'n wassery, veilige parkering, motorhuur vir van en na die Margate lughawe.

Al die kamers het 'n TV met 'n gedeelde satilietdiens, dakwaaiers,'n kluis, tee/koffie fasiliteite en 'n wasgoeddiens.

Maak 'n besprekings navraag

 

 

SCWEB
© 2012